AANSOEK PROSEDURES GEDURENDE 2021: BDatSci

Elektroniese aanlyn aansoeke vir voorgraadse studie by Stellenbosch Universiteit open op 1 Maart 2021 en sluit op 31 Julie 2021.

Die proses is as volg:

Alle voornemende BDatSci studente moet aansoek doen vir die BCom Wiskundige Wetenskappe program met fokus area Datawetenskap, wat ook 'n program is in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (nie 'n BSc of enige ander graad in ander fakulteite nie).

Alle studente wat aansoek doen vir die BCom Wiskundige Wetenskappe sal opgevolg word gedurende 2020 en deurentyd ingelig word oor die SAQA goedkeuringsproses.

Sodra die SAQA goedkeuring gedoen is, sal al die voornemende studente die geleentheid gebied word om dan die aansoek te verander na BDatSci (met fokusarea).

Verder, alle voornemende studente moet ook hulle kontakbesonderhede insleutel by die Kontak ons skakel hierbo.

Na die aansoektydperk gesluit het sal studente, wat die nodige minimum vereistes gebaseer op die graad 11 punte het, briewe ontvang dat hulle voorwaardelik aanvaar is vir die BCom Wiskudige Wetenskappe graad, met die opsie om te kan regstreer vir BDatSci in 2021 op voorwaarde hulle voldoen aan die minimum graad 12 vereistes.


REGISTRASIE PROSES IN 2021: BDatSci

Indien die SAQA ID toegeken word en BDatSci is amptelik goedgekeur voor Januarie 2021, sal studente kan registreer vir die BDatSci program in een van die vier deelnemende Fakulteite, op voorwaarde daar voldoen word aan die minimum vereistes.

Indien die SAQA ID eers toegeken word gedurende die 2021 akademiese jaar, sal studente binne die BCom Wiskundige Wetenskappe program bly totdat hulle amptelik kan verander na die BDatSci program. Studente sal steeds vir al die modules in 'n spesifieke fokusarea in 2021 kan registreer, maar deel van die BCom Wiskundige Wetenskappe program, 'n proses wat dan per hand geadministreer gaan word. Sien die eerstejaar modules vir elke fokusarea onder Fokusarea hierbo.

Nota: Studente wat aansoek gedoen het vir BCom Aktuariele Wetenskap sal ook gekontak word en die geleentheid gebied word om oor te skakel na BDatSci wanneer SAQA goedkeuring verkry is.  BCom Aktuariele Wetenskap en BDatSci het presies dieselfde minimum graad 12 vereistes.