International Office
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Tygerberg Internasionaal


Die Universiteit Stellenbosch waardeer die teenwoordigheid van ’n diverse en florerende internasionale akademiese gemeenskap. Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe bied ons globale kohort uitstekende opleiding in mediese en gesondheidswetenskaplike programme en kursusse. Tygerberg Internasionale (TI​) fasiliteer onderrig- en leerervarings van ’n hoë kaliber op voorgraadse, nagraadse en navorsingsvlak.

​ONS FGGW PROGRAMME


44

Lande

600+

Studente

14

Departemente

20

Navorsingseenhede

Die Tygerberg Internasionale Kantoor van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe bevorder en ondersteun internasionale akademiese uitruiling:


Hanteer skakeling en globale vennootskapbetrokkenheid tussen die Fakulteit en internasionale instellings.

Fasilteer registrasie by die Health Professions Council of SA (HPCSA).

Fasiliteer registrasie by die Nasionale Departement van Gesondheid se Foreign Workforce Management (FWMP-)program

Steun aan internasionale studente, personeel, en ander besoekers​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​

​​​​​​