International Office
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​Tygerberg Internasionaal​​​​

Geleenthede

​ SOEKLIGGELEENTHEDE

Die Tygerberg Internasionale Kantoor bied in 2024 twee geleenthede aan wat met gesondheid verband hou.



​ OPKOMENDE GELEENTHEDE

Tygerberg Internasionale Forum 2024

Vennootskappe en Medewerking vir Gesondheid en Billikheid

Bestaande en moontlike vennote van die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) sal onder die tema ‘Vennootskappe en Medewerking vir Gesondheid en Billikheid’ byeengebring word vir vyf dae van doelgerigte aanbiedings oor navorsing en projekte wat binne internasionale vennootskappe uitgevoer is, kapasiteitsversterkende werksaamhede wat deur medewerking bereik is, en netwerkvorming.  

Die doel van hierdie Internasionale Forum is om die impak van ons vennootskappe op onderwys, navorsing en diens aan almal te versterk.  

Kontak gerus vir dr Dilshad Tung by dtung@sun.ac.za vir meer inligting.

Datum: Maandag 4 – Vrydag 8 November 2024​​​
Plek: Sal bevestig word
Tyd: Voldag sessies​
Registrasie: Sal bevestig word



​ ​VORIGE GELEENTHEDE

SU-CUGH Global Health Konferensie

Die konferensie getiteld “SU-CUGH Global Health Conference: Catalysing Global Health Innovations for Sustainable Development” word aangebied deur die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) aan die Universiteit Stellenbosch (US) in Suid-Afrika, in vennootskap met die Consortium of Universities in Global Health (CUGH) in die Verenigde State. Die konferensie betrek ’n internasionale gehoor en deelnemers, en die werk en navorsing van netwerkvennote, instellings, vakkundiges en praktisyns oor die hele Afrika streek en dwarsdeur die wêreld word daar bekend gestel.​
 
​Datum: 22 Oktober – 23 Oktober 2022 Virtueel
               28 Oktober – 30 Oktober 20​22 Stellenbosch, Suid Afrika

​​2022 Program​

Besigtig ons foto’s

Lees ons artikel


Vrouedag (SA)

Virtuele webinaar 

Vrouedag word jaarliks op 9 Augustus in Suid-Afrika gevier. Hierdie dag herdenk 9 Augustus 1956, toe vroue van alle rasse ʼn optog na die Uniegebou in Pretoria onderneem het. Meer as 20 000 vroue het deelgeneem aan dié optog om teen die voorgestelde wysigings aan die Groepsgebiedewet van 1950 te protesteer. Die FGGW vier vanjaar Vrouedag met die tweede jaarlikse geleentheid in die Kollig Reeks om die kalklig te plaas op die inisiatiewe, oorwinnings en uitdagings in kontemporêre vrouekwessies, veral hoe dit met gesondheidsake verband hou. Die geleentheid sal fokus op vroue wat aan die stuur van 'n verskeidenheid ondernemings staan wat gesondheid en besigheid integreer.  

​Datum: Dinsdag, 9 Augustus​ 2022
Tyd​: 10:00 – 12:00
2022 Program​


Bergen Somernavorsingskool​

Digitale PhD navorsingskool 

Tema: Begrip vir en die aanpak van ongelykheid, volhoubaarheid, sosiale geregtigheid; en hoop​ 

Datum: 7 - 17 Junie, 2022
Tyd en registrasie​: Sien w​ebblad
Verdere inligting: Sien plakkaat​


Afrikadag: Tegnologie en innovasies wat gesondheid in Afrika bevorder​

Virtuele webinaar 

Afrikadag word jaarliks op 25 Mei gevier om die stigting van die Organisasie vir Afrika-eenheid (OAE) op dié dag in 1963 te herdenk. Boonop is die dag ’n viering van die sterk kulturele identiteit en gemeenskaplike erfenis van Afrika. Vir vanjaar se Afrikadag bied die Tygerberg Internasionale Kantoor ’n gesprek oor vooruitgang in gesondheidsinisiatiewe aan met die tema “Tegnologie en innovasies wat gesondheid in Afrika bevorder”.​

2022 Program​

Datum: Woensdag, 25 Mei 2022
Tyd: 10-00 - 12:00​​


Wêreldgesondheidsdag: Die jeug herbedink die toekoms van gesondheid​

Virtuele Webinaar 

Wêreldgesondheidsdag is ’n wêreldwye gesondheidbewusmakingsdag wat sedert 1948 jaarliks gevier word en deur die Wêreldgesondheidsorganisasie en ander verwante organisasies ondersteun word. Vanjaar neem ons deel aan die vieringe met ’n virtuele geleentheid wat die soeklig laat val op jeugdiges in Afrika wat hul stempel op die toekoms van gesondheid afdruk.​

2022 Program​​


Afrika-dag

Tygerberg Internasionaal​ en die FGGW herdenk die afgelope sewe jaar Afrika dag met spesiale vieringe en geleenthede. Die tema vir 2021 is die verstewiging van netwerke en medewerking vir entstofgelykheid in Afrika.

2021 Program
Lees ons artikel​​


Vrouedag

Die 2021 Vrouedag programtema was die bevordering van geleenthede in vrouegesondheid en opvoeding

2021 Program
Lees ons artikel​​​​