International Office
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Tygerberg Internasionaal​

Internasionale nagraadse studente​​​​

​​Student in graadprogram


Oorsig

Die US Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe kan slegs ’n sekere aantal studente as botallige kliniese assistente (onbetaalde pos) oplei. Dit is ’n voltydse graadprogram wat ons vir nie-Suid-Afrikaners aanbied.


Registrasiedatums: Januarie en Julie elke jaar

Aansoekproses

  1. Skakel regstreeks met die betrokke akademiese departement . Die kontakbesonderhede is op bladsy 135-188 en 219-267 van die Jaarboek.
  2. Stuur asseblief ’n afskrif van die volgende 

  • ​​ u CV
  • ​akademiese transkripte
  • graadsertifikate
  • bewys van finansiële borgskap vir u opleiding
  • Nadat die departement/afdeling u aansoek goedgekeur het, sal hulle u terugverwys na die Tygerberg Internasionale Kantoor, wat u met die aansoekproses sal help.
   3. Doen aansoek op SUNStudent by https://student.sun.ac.za/signup/

  • Kies jou program.
  • Laai alle vereiste dokumente.​
  • Sodra die departement jou aanvaar het, stuur jou aansoeknommer (“App”) aan die nagraadse koördineerder by Tygerberg Internasionaal.


Toelatings- en keuringsvereistes​

  • 'n Eerste graad in geneeskunde wat minstens twee jaar vantevore verwerf is
  • Bevestiging van akkreditasie by die Amerikaanse opvoedkundige kommissie vir buitelandse gegradueerdes in geneeskunde (ECFMG) se dienste vir internasionale akkreditasie (EICS)
  • Inskrywing by die Gesondheidsberoeperaad van Suid-Afrika (GBRSA)
  • Inskrywing by die Departement Gesondheid se bestuursprogram vir buitelandse werkers (FWMP)
  • Inskrywing as nagraadse student aan die Universiteit Stellenbosch​​

​​
Verdere besonderhede

Me  Raziyah Ajmodien / Shanlynn Timm​
+27 21 938 9105
raza @sun.ac.za / stimm@sun.ac.za

Nadat u u opleiding as internasionale nagraadse student afgehandel het, word u by alle US-alumni ingereken, wat beteken dat u by ’n lewenskragtige internasionale gemeenskap aansluit.​​​​