International Office
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Tygerberg Internasionaal​

S​tudentesteundienste

Inligting oor immigrasie


As internasionale student moet u ’n geldige studentevisum hê om aan die Universiteit Stellenbosch (US) te kan studeer.


Die US mag u nie as student registreer as u nie ’n geldige tydelike verblyfpermit het nie.

  • Bykomend tot die ander dokumente wat u as deel van u visumaansoek moet voorlê, word daar ook ’n mediese sertifikaat en radiologiese verslag van u verwag.

  • Kontak die naaste Suid-Afrikaanse Hoë Kommissaris om seker te maak van die aansoekproses en die ondersteunende dokumente wat u vir u visumaansoek benodig.

  • ​Verskaf bewys van mediese dekking wat in Suid-Afrika erken word, deur ’n verskaffer wat ingevolge die Wet op Mediese Skemas 131 van 1998 by die Suid-Afrikaanse Raad vir Mediese Skemas ingeskryf is. Volg die skakel hier onder na die Suid-Afrikaanse Raad vir Mediese Skemas.


BELANGRIK:
Let asseblief daarop dat dit tot agt weke kan neem om ’n visum te bekom, maar die omstandighede mag verskil volgens u land van herkoms. Begin die aansoekproses deur uit te vind watter ondersteunende dokumentasie word vereis wat tydrowend mag wees om te bekom. Sorg asseblief dat u visumaansoek volledig is wanneer u dit indien.

Die inligting wat hier verskaf word, is slegs ’n riglyn. Die vereistes om ’n visum vir Suid-Afrika te bekom, is onderhewig aan verandering. Buitendien word elke aansoek op eie meriete hanteer. Doen altyd eers by u naaste SA buitelandse sending navraag voordat u hierheen reis.

COVID-19: Alle Covid-19-protokolle moet nagevolg word. U moet bewys van inenting of ’n negatiewe PKR-toets kan voorlê, en aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Regulasies vir Gesondheid en Veiligheid voldoen. Vir meer inligting oor Covid-19-protokolle op ons kampus, volg hierdie skakel.