International Office
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Tygerberg Internasionaal​ 

​​Globale Skakeling


Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) werk aktief mee om sterk bande van samewerking en wedersydse ondersteuning te bou, hetsy in ’n bilaterale of netwerkomgewing, met internasionale vennote vanuit verskeie globale streke en oor dissiplines en navorsingsentra heen. 


Tygerberg Internasionaal (TI) werk ten nouste saam met al daardie diverse akademiese omgewings om strategiese FGGW-vennootskappe te vestig. Kontak ons vir meer inligting oor die Fakulteit se bestuursproses vir institusionele vennootskappe waarvolgens vennootskapsooreenkomste opgestel en goedgekeur word.​