International Office
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​Tygerberg Internasionaal​

Internasionale voorgraadse elektiewe studente
​​

Oorsig

Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) bied elektiewe rotasies vir kwalifiserende internasionale studente aan, vir ’n maksimum tydperk van agt (8) weke, wat in een departement/afdeling of in ’n geskikte kombinasie van twee (2) akademiese departemente/afdelings opgeneem kan word.​


Sperdatums vir aansoeke

Internasionale Voorgraadse Kliniese Elektiewe: As gevolg van die koronavirus-pandemie is Internasionale Voorgraadse Kliniese Elektiewe vir 2021 gekanselleer. Doen asseblief navraag by die toelatingspersoneel vir internasionale voorgraadse elektiewe indien meer inligting oor 2022 verlang word.

Navorsing en nie kliniese korttermynopleiding: Aansoeke moet minstens drie (3) maande voor die aanvangsdatum van die elektiewe ingedien word.

Toelatingsvereistes​​

  • Studente moet as voorgraadse studente by 'n erkende internasionale tersiêre instelling geregistreer wees.
  • Studente moet in een van die gesondheidswetenskap‑dissiplines wat deur die FGGW van die US aangebied word, studeer.
  • Studente moet in die derde, vierde of finale jaar van hul kliniese opleiding by hul tuisinstelling geregistreer wees.
  • Studente moet hul tuisinstelling se goedkeuring en steun vir verdere opleiding hê.
  • Studente moet verseker dat die minimum vereistes vir die geselekteerde departemente, afdelings en eenhede nagekom word.
  •  Studente moet ná aanvaarding deur die betrokke akademiese departement as geaffilieerde studente van die US registreer. Studente moet by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA) of die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging (SANC) as besoekende voorgraadse studente van die FGGW registreer voordat daar met die kliniese elektiewe begin kan word. Nie-kliniese aansoekers hoef nie by die HPCSA te registreer nie.
  • Studente moet toesien dat alle gelde ten volle betaal is voor die elektiewe opleiding 'n aanvang neem.

Studente wat voornemens is om vir nie-kliniese voorgraadse elektiewe en by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA) te registreer, kan me Nicky Blows vir meer inligting oor uitruilstudente nader:​

Me. Nicky Blows
+27 21 938 9549
nblows@sun.ac.za​


Tree in verbinding met Andre Jacobs vir alle navrae oor geaffilieerde studente:​

Mnr. Andre Jacobs
+27 21 938 9042
ajac@sun.ac.za

​​​

’n Elektiewe program is ook by Hope en FAMCRU beskikbaar. Verdere inligting kan op hul onderskeie webwerwe gevind word:​

 Hope

 FAM-CRU




Internasionale voorgraadse elektiewe studente word ná hul elektiewe as deel van die US se FGGW alumni beskou en sluit hulle by ’n dinamiese internasionale gemeenskap aan.​​​​​