Tygerberg Internasionaal
Studentesteundienste
Opleiding
Internasionale elektiewe en uitruilprogramme is by die onderstaande plekke beskikbaar. Klik asseblief op die skakels vir meer inligting:
Poste op die terrein van molekulêre geneeskunde, kankernavorsing, immunologie, molekulêre en lipiedmetabolisme, kardiovaskulêre navorsing, en biostatistiek
Aansoeke sluit: 21 September 2023
Projekaanvangsdatum: 1 Maart 2024
Geen aansoekfooi nie
Keuse-opsies vir MBChB-vyfdejaarstudente behels keusemodules van vier weke elk wat op vasgestelde datums begin en eindig (sien hier onder).
Periode 5: 12/06/2023 07/07/2023
Periode 6: 10/07/2023 04/08/2023
Periode 7: 07/08/2023 01/09/2023
Periode 8: 04/09/2023 29/09/2023
Dien ten minste drie maande voor die aanvang van die keusemodule ’n motiveringsbrief, CV, transkripte en ’n aanduiding van jou voorkeurdissipline in.
E-pos Dimitri.GeelhanddeMerxem@uantwerpen.be.
As u enige navrae oor internasionale uitruilprogramme het, kontak asseblief vir:
Me. Tanya Abrahams
+27 21 938 9958
tabrahams@sun.ac.za
Personeelmobiliteit
Doen nou aansoek vir die Internasionale Samewerkingstoekenning (ICG)!
Die toekenning bied finansiering aan US-akademici om samewerking met eweknieë by enige instelling in die buiteland te versterk en maak voorsiening vir ’n besoek aan sodanige instelling. Die ICG sluit mobiliteit na Afrikalande uit. Afrikamobiliteit word deur die Afrikasamewerkingstoekenning (ACG) ondersteun.
Verdere inligting is aanlyn te kry: Internasionale Samewerkingstoekenning
Aansoeke sluit 30 September 2023.Aansoeke is vir besoeke tussen November 2023 en 30 Junie 2024.