Medicine and Health Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Koshuislewe

​Om op kampus te woon, bied aan die student 'n eerstehandse ervaring van universiteitslewe op 'n baie besondere manier en nuwe lewenslange vriendskappe kan so gesluit word. Ons koshuise is ontwerp om 'n ontspanne en sosiale omgewing te bied, maar terselfdertyd 'n privaat omgewing aan die student te bied wat erns van sy/haar studies wil maak. Al die koshuise is stapafstand van die hoofgeboue en die Tygerberghospitaal.


 

Koshuisverblyf vir voorgraadse studente

Navrae in verband met akkommodasie vir voorgraadse studente kan gerig word aan

Mev Annelie Scholtz by (021) 938 9378 of amscholtz@sun.ac.za.

 

HUIS FRANCIE VAN ZIJL

Dit is uitsluitlik 'n vrouekoshuis wat oor enkel- en dubbelkamers beskik. Juniorstudente (eerste-, tweede- en derdejaars) word oorwegend in dubbelkamers gehuisves.


HIPPOKRATES

Dit is 'n gemengde koshuis met mans en vroulike studente wat op afsonderlike gange gehuisves word. Die koshuis bestaan uit enkel- en dubbelkamers en juniorstudente (eerste-, tweede- en derdejaars) word oorwegend in dubbelkamers gehuisves.


HUIS ENKANYINI (voorheen bekend as Kerkenberg)

Die koshuis bestaan Pods met 8 enkelkamers, 2 badkamers en 'n gemeenskaplike kombuis. Dit is 'n gemengde koshuis met mans- en vroulike studente wat in afsonderlike Pods gehuisves word.

 

MEERHOFF

Hierdie behuisingskompleks met sy ses geboue waarin onderskeidelik 24 studente (8 per vloer) gehuisves word bied gerieflike enkelkamer- (met eie badkamer) akkommodasie tesame met kombuisgeriewe aan senior studente. Juniorstudente sal slegs in oorweging kom indien senior studente nie die fasiliteit ten volle benut nie. Dit is 'n gemengde kompleks met mans en vroulike studente wat op afsonderlike vloere gehuisves word. Die verskil tussen tipe A en B: in tipe B word 'n kombuis deur twee studente gedeel terwyl dit in die geval van tipe A deur al agt studente, wat op die vloer gehuisves word, gedeel word.

Twee addisionele blokke wat bestaan uit 18 enkel- en 12 dubbelkamers per blok met gemeenskaplike badkamerfasiliteite).  Hierdie twee blokke is  gerig op die inname van junior studente.  Dit is gemengde blokke maar geslagte word op verskillende vloere gehuisves.

 

Senior koshuise

Navrae: Mev Annelie Scholtz by (021) 938 9378 of amscholtz@sun.ac.za.

HUIS UBUNTU HOUSE

Dit is 'n gemengde koshuis vir senior studente met 152 enkelkamers.

​HUIS NKOSI JOHNSON HOUSE

Dit is 'n gemengde koshuis vir senior studente met 200 enkelkamers.

 

Internasionale studente huisvesting

Daar is huisvesting vir internasionale voorgraadse elektiewe studente op kampus. Die enkel-en dubbelkamers is bekostigbare, student-tipe akkommodasie en elke kamer bestaan ​​uit 'n klerekas, lessenaar, stoel en enkelbed per persoon. Gemeenskaplike kleedkamers is beskikbaar. Kontak die Internasionale Kantoor vir meer inligting.