Medicine and Health Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Geestesgesondheid

​​​Die Departement Psigiatrie

Die hoofnavorsingsgebiede van die Departement Psigiatrie is soos volg:

  • Skisofrenie
  • Angsversteurings, veral obsessief-kompulsiewe en verwante versteurings
  • Posttraumatiese stresversteuring en sosiale fobie
  • Alzheimer se siekte en neuro-psigiatriese versteurings
  • Gemeenskap-psigiatrie
  • Middelmisbruikversteurings
  • Eetversteurings

Die Departement bestaan onder meer uit die volgende:

 

Die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoelinisiatief- (SARChI)-leerstoel in Posttraumatiese Stresversteurings

 

Die MNR Eenheid vir Risiko en Veerkragtigheid in Geestesversteurings

Die MNR Eenheid vir Risiko en Veerkragtigheid in Geestesversteurings​​ onderneem navorsing oor die psigobiologie en behandeling van angsversteurings, onder meer obsessief-kompulsiewe versteuring (en spektrumtoestande), paniekversteuring, posttraumatiese stres en sosiale angs.

 

Die Geestesgesondheidsinligtingsentrum

Die Geestesgesondheidsinligtingsentrum is al sedert 1995 op die been en het in 1997 amptelike erkenning van die Mediese Navorsingsraad ontvang. Die Sentrum werk ten nouste saam met die MNR Eenheid vir Angs- en Stresversteurings.