Medicine and Health Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Visuele Regstelling

​Om transformasie in hoër onderrig te bevorder, het die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit van Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe verder as beleide beweeg en fokus voortaan op die implementering van praktiese projekte. Op die Tygerberg-kampus, die tuiste van die Fakulteit van Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, is tranformasie 'n doelbewuste en gestruktureerde proses van betekenisvolle verandering in die universiteit se lokale, mense en programmme deur die praktiese en doelbewuste implementering van beleide, praktyke en planne.

Ons kampus is reg langsaan die Tygerberg-hospitaal en is Suid-Afrika se eerste rook-en-tabakvrye kampus. Die Fakulteit bestaan uit 'n diverse studenteligaam van byna 5000 voorgraadse en nagraadse studente, asook 1600 personeellede van wie vele betrokke is by die visueleregstellingsprojekte wat reeds voltooi is of aan gewerk word (sien onder).  


Aanhef tot die Grondwet (voltooi)

By die Fakulteit van Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe is dit ons doelwit om transformerende lewenslange onderrig te fasiliteer. Ons waardes (ICARE ²) sluit in inklusiwiteit, deernis, verantwoordbaarheid, respek, uitnemendheid en gelykheid. Ons streef na hierdie waardes in elke aksie by die Fakulteit en dis hoekom die Aanhef tot die Suid-Afrikaanse Grondwet in Engels, Afrikaans en Xhosa in die Kliniese gebou gemonteer is.

Die waardes in die Suid-Afrikaanse Grondwet is relevant tot hoe ons met mekaar moet omgaan. Die Grondwet herinner ons aan hoe ver ons nasie gekom het en die einde van apartheid lui 'n nuwe demokrasie in. Klik h​ier om meer te lees.

 

Die Dekaan se advieskomitee vir omgewingsvolhoubaarheid (d​eurlopend)

Met ekostelsels wat toenemend agteruitgaan, is die mens se gesondheid in gedrang. Toekomstige gesondheidswerkers moet opgelei word om die interafhanklikheid van gesondheid en ekostelsels te besef en die behoeftes van pasiënte en gemeenskappe aan te spreek. Gesondheidskwessies wat verwant is aan byvoorbeeld klimaatsveranderinge en lugbesoedeling word nie juis in mediese opleiding ingesluit nie. Die dekaan se advieskomitee vir omgewingsvolhoubaarheid werk nou saam met die Fakulteit se bestuurspan om omgewingsbewustheid deel te maak van hoe 'n universiteit behoort te dink. Oor die afgelope tien jaar het die Fakulteit deel geword van die Global Green and Health Hospital-netwerk wat sy agenda bou rondom tien sleutelkwessies, naamlik leierskap, energie, water, vullis, voedsel, reis, biodiversiteit, aankope, bouwerk en chemiese stowwe.

Oor die afgelope vyf jaar het die komitee onder meer driedromstels op die Tygerberg-kampus aangebring, 'n buiteluggim, die formulering van omgewingstoesighouers as 'n graadeienskap en 'n Moeder Natuur-muurskildery in die Onderwys-gebou.

 

Die Fakulteithandves (volto​oi)

Die Handves van die Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe is 'n belofte om inklusiewe en vriendelike omgewings te skep in elke aspek van daaglikse interaksies en is daarop gemik om ons te help om verantwoordbaar vir ons aksies te wees.

Die Handves is ontwikkel deur die Dekaan se advieskomitee vir transformasie, wat in 2016 gestig is. Die Handves som op die Fakulteit se toewyding aan die viering van alles vorme van diversiteit en inklusiwiteit op die Tygerberg-kampus en die kweek van bemagtigende omgewings in akademiese sowel as kliniese toestande.

Die Handves erken die belangrikheid van alle belanghebbendes en genote om onder meer wedersydse respek te kweek, menslike waardigheid te bevorder, en die ervaringe van die gemeenskappe wat dit bedien, te erken, en onderneem om etiese navorsing te bedryf en die omgewing te beskerm.

Klik hier om meer te lees. 

 

Hardekraaltjie-begraafplaas (word ontwik​kel)

Volgens amptelike rekords was die Hardekraaltjie-begraafplaas in gebruik van 1909 tot sy sluiting in 1946. SU het in 1971 in besit van die grond gekom toe die destydse Parow-munisipaliteit dit bewillig het. Die begraafplaas was 'n integrale deel van die Tiervlei-gemeenskap wat onder die Groepsgebiedewet (1950) van die apartheidsregering moes trek.

Die Universiteit werk tans saam met belanghebbendes, insluitend fakulteitpersoneel en lede van die Ravensmead-gemeenskap aan 'n manier om die perseel te gedenk.

 

Die klip buite die Kliniese gebou (​​word ontwikkel) 

Die leiklipsteen (klip) buite die Kliniese gebou op die Tygerberg-kampus dra die Afrikaanse inskripsie ''n beitel moet kan klip breek as hy 'n beitel is – N.P van Wyk Louw'. Daar word geglo dat die langer uittreksel uit die Die Beiteltjie probeer het om iets van die ontwikkeling van die Fakulteit vas te vang, of die ideologie daaragter. 'n Ander interpretasie is dat 'n klein implement toerusting kan word wat aansienlike veranderinge in die wêreld kan meebring.

Namate die US die diversiteit van die Suid-Afrikaanse samelewing omarm, asook die intellektuele oorvloed binne daai diversiteit, streef hy daarna om veeltaligheid in sosiale en akademiese omgewings te bevorder. Dus sal die steen hersien word en die inskripsie aangepas word met Stellenbosch Universiteit se beginsel van veeltaligheid.

Klik hier vir meer oor die SU se herstellingsinisiatiewe.​