Medicine and Health Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Ons seremonies en toekennings


Die seremonies en toekennings van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe is hoogtepunte van ons akademiese jaar. Dit dien as unieke en spesiale geleenthede vir ons studente, hul gesinne en ons personeel om prestasies te vier en hulself tot uitnemendheid te verbind.


ONDERNEMING DEUR VOORGRAADSE STUDENTE

Getrou aan sy verbintenis tot innovasie en uitnemendheid in die onderrig van gesondheidswetenskappe lei die FGGW sy eerstejaarstudente in ‘n onderneming waartoe hulle hulself met die aanvang van hul opleiding verbind. Dié onderneming by die FGGW is vir die eerste keer in 2018 bekendgestel en is ‘n eerste vir dié universiteit. 

Gesondheidsberoepslui wêreldwyd lê ‘n eed af wanneer hulle hul opleiding voltooi het. Met die bekendstelling van hierdie onderneming aan die begin van hul opleiding word eerstejaarstudente in die geneeskunde en gesondheidswetenskappe aanspreeklik gehou vir hul gedrag gedurende hul opleiding.

Kliek hier om die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe se Onderneming deur Voorgraadse Studente te lees.

 

GESONDHEIDSBEROEPSLUI-ONDERNEMING 

Die FGGW het die oorspronklike Hippokratiese Etiese Eed wat dokters histories aflê, aangepas as ‘n unieke Gesondheidsberoepslui-onderneming vir voorgraadse studente aan die Fakulteit. Hierdie Onderneming is ‘n belofte deur elke gegradueerde van die FGGW om ‘n etiese gesondheidspraktisyn te wees wat mense respekteer, vir hulself omgee en ander met waardigheid, integriteit en deernis behandel. By die voltooiing van elk van die FGGW se ses voorgraadse programme lê alle gesondheidsberoepslui wat graad kry ‘n eed af om die waardes wat hulle tydens hul opleiding geleer het, te handhaaf. Die Gesondheidsberoepslui se Toewydingseremonies vind voor die gradeplegtigheid plaas.

​​ 

ONS VOORGRAADSE STUDENTETOEKENNINGS

Die Gesondheidsberoepslui se Toewydingseremonies is ook ‘n geleentheid om die uitmuntende prestasie van ons studente gedurende hul voorgraadse studie op verskillende vakgebiede te erken. In samewerking met verskeie borge gee die FGGW by die Gesondheidsberoepslui se Toewydingseremonies toekennings aan die toppresterende voorgraadse studente in die onderskeie programme. Pryse word toegeken aan voorgraadse studente met deurlopend hoë akademiese prestasierekords gedurende hul studiejare en die Dekaan se Toekenning vir Voortreflike Leierskap word gedoen aan die voorgraadse student wat leierskapsvaardighede op akademiese én buitekurrikulêre gebied getoon het.

 

GRADEPLEGTIGHEDE

Gradeplegtighede by die Universiteit Stellenbosch behels die toekenning van akademiese grade en diplomas aan kandidate wat hul studies suksesvol voltooi het. Die akademiese gradeplegtighede, wat die verlening van grade aan suksesvolle kandidate van elk van US se 10 fakulteite insluit, het vermoedelik ontstaan uit ‘n statuut wat in 1432 deur die Universiteit van Oxford uitgevaardig is. 

Die gradeplegtigheid is formele proses wat ‘n akademiese prosessie, ‘n programrede en die toekkening van grade en diplomas aan suksesvolle studente behels. Dit is een van die belangrikste oomblikke in die lewens van studente soos wat hulle na ‘n nuwe stadium van hul lewens beweeg. 

 Die Universiteit Stellenbosch se gradeplegtighede vind tradisioneel in Maart en Desember plaas. ​

​​​​​​​​​