Sentrum vir Studente-administrasie
Sentrum vir Studente-administrasie fokus op die volgende areas:
- Lewering van 'n omvattende kliëntediens aan voornemende en huidige studente, ondersteunings- en akademiese personeel en publieke belanghebbendes rakende studente- en akademiese administrasie van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe op die Tygerberg-kampus
- Toepassing van US jaarboekbepalings, beleide en prosedures in verband met akademiese programme van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW)
- Registrasie van studente by die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA)) en die Suid -Afrikaanse Raad op Verpleging (SARV)
- Sekretariaat van vaste komitees van die FGGW
- Beplanning van roosters en eksamen- en toetsreëlings
- Koshuisplasings op die Tygerberg-kampus
- Werwing, keuring, toelating en registrasie van studente
- Reëling van die voorgraadse toewydingseremonies
- Voorgraadse beursadministrasie van FGGW studente
- Administratiewe ondersteuning aan Suid-Afrikaanse mediese studente van die Nelson Mandela-Fidel Castro Mediese Program