Medicine and Health Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​Voornemende Voorgraadse Studente

Gegradueerdes in die Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch is nasionaal en internasionaal bekend vir hulle etiese gesindheid, kultuur van omgee en hoëkwaliteitgesondheidsorg aan hulle kliënte, pasiënte en gemeenskappe.  

Die Fakulteit se strewe dat die samestelling van die studente ’n weerspieëling van die demografiese profiel van die land sal wees, maak van hierdie kampus ’n ware multikulturele tuiste. Die kampus bied ’n taalvriendelike omgewing wat verskillende taalgroepe akkommodeer.

Toegang tot voorgraadse programme in die Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch is onderworpe aan ʼn gestruktureerde keuringsproses. Studentegetalle in die Gesondheidswetenskappe word beperk deur regulasies van die Raad vir Gesondheidsberoepe; die gesondheidsdienste en die universiteit se beskikbare infrastruktuur en begroting; asook die hoë eise van die programme, wat gewoonlik net suksesvol deurloop word deur kandidate wat bogemiddeld op skool presteer het. ​


Opedag 2021

Universiteit Stellenbosch se Opedag is vanjaar virtueel aangebied. Indien jy dit gemis het, besoek die Virtuele Opedag-webtuiste - dit is dieselfde inligting, maar besigtig gerus vanuit die gemak van jou huis.
.

 

Tygerberg-kampus kampustoere

TygerMatie studente lei die kampustoere en die hoof attraksies op die Tygerberg-kampus word besoek. Die toere plaas die lewe van 'n huidige student op kampus in perspektief vir ouers en voornemende aansoekers. Toere word van Maandag tot Vrydag (9:00-15:00) aangebied. As gevolg van 'n groot aantal besoekers en tydsbeperkinge, word koshuise nie tydens kampustoere besoek nie. Geen toere word oor naweke aangebied nie.

Besprekings: tyg_studentsupport@sun.ac.za / +27 21 938 9789

 

​Inligtingsessies

Inligtingsessies word gestruktureer om voornemende aansoekers 'n oorsig van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe se aansoekproses, toelatingsvereistes, finansiële ondersteuningstelsel, akademiese organisasie, en studentelewe te gee. Ouers en studente woon die sessies saam by en word aangemoedig om vrae te vra.

Ons verwelkom skoolgroepe van 10 of meer op kampus vir groepbesoeksessies. Groepbesoeke word op meeste weeksdae aangebied (die hele jaar) en ons beveel aan dat jy jou besoek ten minste twee weke vooruit bespreek. Ons vra dat, ongeag die graad waarin studente is, groepgrootte tot minder as 60 deelnemers beperk word.

Alle individuele en groepbesoeke, moet vooraf met die Kantoor vir Studentewerwing en -ondersteuning gereël word.

Besprekings: tyg_studentsupport@sun.ac.za / +27 21 938 9789