RDSD
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Navorsingsontwikkeling en -steun

​Meer oor die Afdeling Navorsingsontwikkeling en -steun 

Die Afdeling Navorsingsontwikkeling en -steun is werksaam onder leierskap van P​rof Nico Gey van Pittius, Visedekaan van Navorsing en Internasionalisering. Die doel van die Afdeling Navorsingsontwikkeling en -steun is om ʼn vriendelike, professionele en doeltreffende diens vir die bevordering van navorsing in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe te bied. Die Navorsingsontwikkeling en -steun kantore voorsien in die navorsings-, befondsings- en etiekverwante behoeftes van Fakulteitspersoneel en nagraadse en voorgraadse studente. Navorsingsontwikkeling en -steun bestaan uit vyf kantore: die Doktorale Kantoor, die Kantoor vir Navorsingstoekenningbestuur, die Kantoor vir Navorsingskapasiteitsontwikkeling en -befondsing, die Kantoor vir Voorgraadse Navorsing en die Kantoor vir Gesondheidsnavorsingsetiek.

Breë gebiede van navorsingsontwikkeling en -steun wat deur Navorsingsontwikkeling en -steun gedek word, sluit die volgende in: die ontwikkeling en versterking van navorsingskapasiteit onder personeel en studente; die koördinering van navorsingsbefondsingsaansoeke en -toekennings van die US en nasionale en internasionale befondsingsliggame; en nakoming van regulerende vereistes soos die etiekgoedkeuring van navorsingsprotokols. Die Afdeling Navorsingsontwikkeling en -steun handhaaf ook noue bande met die Afdeling Navorsingsontwikkeling op die hoofkampus met die hantering van etlike ander navorsingsverwante kwessies. 

Kli​k hier​​​​​ om die organogram af te laai

​​​​​