RDSD
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​NIOS  |  Voorgraadse Navorsing

Befondsing

Voorgraadse Oop Toegangsfonds​ 

 

Wat is dit?

Die Voorgraadse Ooptoegangsfonds (VOTF) is deel van die Voorgraadse Navorsingskantoor se mandaat om publikasie van voorgraadse navorsing wat in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch gedoen word, te fasiliteer.


Wat is die bedrag wat befonds word?

Tot R5 000 vir artikelverwerkingskoste (“APCs") vir voorgraadse navorsingspublikasies in ooptoegang vaktydskrifte.

 

Wie kom in aanmerking?

Enige voorgraadse student wat in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe geregistreer is en wat navorsing publiseer as deel van hul voorgraadse graadstudies. Slegs publikasies wat in ooptoegang, eweknie-geëvalueerde, subsidiedraende vaktydskrifte wat deur die Departement van Hoër Onderwys en Tegnologie (DHOO) geakkrediteer is, sal oorweeg word. Sien befondsingsreëls en regulasies vir verdere geskiktheidskriteria.


 Hoe doen ek aansoek?

​Outeurs wat vir befondsing aansoek doen, moet 'n elektroniese weergawe van die VOTF-aansoekvorm voltooi en die voltooide aansoekvorm saam met die volgende aanhegsels per e-pos aan Dr Debbie Marais (debbiem@sun.ac.za) stuur:

  • Gepubliseerde artikel of bewys van artikel se aanvaarding deur die uitgewer.
  • 'n Afskrif van die uitgewer se faktuur.
  • Bewys van US se betaling aan die uitgewer (afskrif van FNB/RMB-betalingsblad).
  • 'n Skermgreep van die transaksieskerm FFB007P van die kostepunt op die SUN-stelsel, waarop die betalingstransaksie verskyn. NB: Fondse kan slegs na K (navorsing) kostepunte oorgeplaas word.
  • Bewys van studenteregistrasie by die US.


 Hoe word toekennings gemaak?

Slegs volledige aansoeke, wat die mees onlangse aansoek-e-vorm gebruik, sal oorweeg word. Geen hardekopie-aansoeke word toegelaat nie. Toekennings sal gemaak word:

  • volgens die reëls en regulasies vir geskiktheid,
  • gebaseer op beskikbare begroting.

Die VOTF kan net 'n maksimum van tien aansoeke per jaar aanvaar.


Wat is die aansoek sperdatum?

Aansoeke kan enige tyd gedurende die jaar ingedien word. Slegs artikels wat binne die mees onlangse kalenderjaar gepubliseer is, kom in aanmerking vir befondsing. 'n Studente-aansoeker kan 'n aansoek om befondsing vir artikels wat binne een jaar na graduering gepubliseer is indien, mits die artikel gebaseer is op navorsing wat tydens hul FGGW se voorgraadse graadstudies gedoen is.

 

Wie kan ek kontak vir verdere inligting?

Vir verdere inligting, raadpleeg die befondsingsreëls en -regulasies of kontak Dr Debbie Marais, Hoof: Voorgraadse Navorsingskantoor, Navorsingsontwikkeling en -Steun Afdeling, Fakulteit van Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. E-pos: debbiem@sun.ac.za. Tel: 021 938 9181.​​



Undergraduate Publication Incentive Award rules and application forms:

» Rules & regulations (English)​​​​​​​​

» Applicatio​n form (English)​​​​​​