Doctoral Office
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​NIOS | ​​Tygerberg Doktorale Kantoor

PhD-registrasie

Namens die Tygerberg Doktorale Kantoor, hartlik welkom by die PhD-program in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe op die Tygerberg-kampus van die Universiteit Stellenbosch. Die Tygerberg Doktorale Kantoor bied omvattende steun vir doktorale studies, sodra 'n student geregistreer is. Laer op hierdie blad verskaf ons inligting wat behoort te help om die program op die regte noot af te skop.

Terugkerende studente moet asb self registreer. Neem kennis dat ons kantoor nie gemagtig is om studente te registreer nie. Die SU registrateursafdeling (akademiese administrasie) aanvaar volle verantwoordelikheid vir registrasie.

Alle nuwe en terugkerende studente, neem asb kennis:
  • Voordat registrasie aangepak word, moet Microsoft Multi-Factor Authentication of 'n ander multi-faktor verifikasie toepassing op 'n eie selfoon of tablet geinstalleer word.
  • Raadpleeg die Aanlyn Registrasiegids om op SUNStudent te registreer - die nuwe safteware verskil heelwat van die vorige studente inligtingstelsel. Dit geld ook vir terugkerende studente wat voorheen op die ouer stelsel geregistreer is.
  • Indien self-registrasie nie slaag nie, raadpleeg asb ons our registrasie kontrolelys.
  • As self-registrasie steeds nie slaag nie, versoek asb. registrasie vanaf fmhsregistration@sun.ac.za.

Slegs vir internasionale studente:​​​

Internasionale studente is hartlik welkom op Tygerberg-kampus. Tygerberg Internasionaal sal die onderstaande dokumente verwerk om internasionale registrasie moontlik te maak. Enige navrae kan aan Tygerberg Internasionaal (stimm@sun.ac.za) gerig word:​

  • Bewys van geldige paspoort (gesertifiseer)
  • Bewys van geldige studievisum (gesertifiseer, of soms bewys van aansoek)
  • Bewys van Suid-Afrikaanse mediese dekking (indien van toepassing)
  • Bewys van betaling of beursbrief (op grond van amptelike fooiskatting)

Terugkerende doktorale studente:
  • Suid-Afrikaanse studente word aangemoedig om self via SunStudent te registreer. Sou daar uitdagings wees, kyk asb na ons registrasie kontrolelys onder die infografiek laer op hierdie blad.
  • Ons internasionale studente handel eers 'n jaarlikse voor-registrasie proses af deur eers aan Me Shanlynn Timm (stimm@sun.ac.za) van Tygerberg Internasionaal bewys van hul geldige paspoort, visa, mediese dekking (waar relevant), en betaling te verskaf; en daarna self via SunStudent te registreer, of registrasie vanaf fmhsregistration@sun.ac.za aan te vra.
  • Onder die infografiek laer op hierdie blad verskyn meer inligting oor voorvereistes vir terugkerende registrasie.

Nuwe doktorale studente:
  • Toelating tot die doktorale program is kompeterend. Registrasie is slegs moontlik na afloop van 'n suksesvolle aanlyn aansoek en nadat die aanbod om aan die US te studeer, aanvaar is.
  • Nadat die aansoekproses voltooi is, mag Suid-Afrikaanse studente aan fmhsregistration@sun.ac.za (CC tyg-phd@sun.ac.za) skryf om registrasie te versoek, terwyl internasionale studente aan stimm@sun.ac.za (CC tyg-phd@sun.ac.za) skryf om die voor-registrasie proses af te handel.
  • Alle nuwe aankomelinge in die FGGW doktorale program word eers vir die voorbereidende fase geregistreer, met die doel om suksesvol die navorsingsvoorstel oorsigproses en aansoek vir etiese klaring af te handel. Die ideaal is dat hierdie mylpale binne een jaar bereik word. Dit word die Doktoraal Voorbereidende Module genoem. Hierdie vorm van registrasie is baie meer bekostigbaar as PhD registrasie, maar fooie vermeerder skerp indien 'n tweede jaar benodig word om die voorstel en etiekproses af te handel.
  • Personeellede wat inskryf vir doktorale studies mag via FGGW Sakebestuur aansoek doen vir kwytskelding.

Eerstejaar PhD-studente (voorstelontwikkelingsfase) behoort dadelik na hul akademiese eenheid uit te reik om die besonderhede van hul nagraadse koördineerder en hul studieleier te bevestig.

  • Gesamentlike grade: 'n Gesamentlike graad mag nie 'n aanvang neem voordat 'n formele ooreenkoms tussen US en die ander betrokken instansie bereik is nie. Toestemming vir so 'n ooreenkoms moet van die direkteur van die US Nagraadse Kantoor verkry word. Gaan ook die inligting op die US Nagraadse Kantoor webblad by hierdie skakel na.

Die infografiek hierbo bied 'n bondige opsomming van die aanvanklike PhD-proses. Klik asseblief enige plek op die grafika om 'n groter weergawe te sien. Vir meer besonderhede oor en hulpbronne vir elke stap, besoek asseblief ons PhD-steunbladsy​.

Vind asseblief hieronder die besonderhede wat relevant is vir terugkerende PhD-studente.

  • Alle terugkerende studente moet  teen 15 November elke akademiese jaar 'n jaarlikse vorderingsverslag en 'n etiese klarings- of hernuwingsbrief met hul naam aan tyg-phd@sun.ac.za voorlê;  
  • Studente met 'n finansiële blok  sal nie kan registreer nie, maar indien 'n beurs betaal moet word, skakel asseblief met me L Matthee (lm@sun.ac.za) oor die moontlikheid om die finansiële blok op te hef.       

  • Die hoof interne promotors van studente wat nie daarin slaag om die PhD in die maksimum registrasietydperk te voltooi nie, moet 'n formele brief aan die Komitee vir Nagraadse Navorsing rig om voortgesette registrasie te motiveer. Hierdie brief moet die vorderingsverslag vergesel, in 'n geval waar 'n student die gewone maksimum duur van vier jaar PhD-registrasie met graduering tydens jaar vier, gaan oorskry. Die KPR en Fakulteitsraad oorweeg hierdie aansoek vir voortgesette registrasie voordat die Senaat 'n finale besluit neem. Individuele studente sal kommunikasie in hierdie verband ontvang. 'n Streng perk word op hierdie toegewings geplaas.

  • Na voltooiing van die bogenoemde stappe, teen 28 Januarie elke nuwe akademiese jaar, kan terugkerende studente hulself via SunStudent registreer. ​Indien self-registrasie nie slaag nie, raadpleeg asb ons our registrasie kontrolelys.

  • Studente wat nadat hulle alle stappe hierbo gevolg het, steeds probleme ondervind, word uitgenooi om aan die registrateursafdeling (fmhsregistration@sun.ac.za) te skryf om hulp met registrasie te versoek.​

Vind 'n oorsig van US-registrasie hier: https://www.sun.ac.za/afrikaans/students/Pages/Registration.aspx