RDSD
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​NIOS  |  Voorgraadse Navorsing

Befondsing

Voorgraadse en Honneurs Navorsingsprojekbefondsing

 

Wat behels dit?

Gedeeltelike of volle finansiële steun vir verdienstelike voorgraadse en honneurs navorsingsprojekte in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) aan die Universiteit Stellenbosch. 

 

Watter bedrag word toegeken?

Navorsingstoekennings van tot R5 000 vir voorgraadse projekte and van tot R30 000 vir honneurs projekte sal toegestaan word. 

 

Wie kom in aanmerking?

Enige voorgraadse of honneurs geregistreerde student in die FGGW wat as deel van sy/haar voorgraadse of honneurs studie navorsing onderneem.


Hoe doen ek aansoek?

  • Voltooi die jongste weergawe van die aansoek vorm (URP-02-2022),
  • Heg die vereiste stawende dokumente aan (2-bladsy protokol-opsomming, bewys van registrasie, en etiekgoedkeuringsbrief), 
  • Aansoeke moet elektronies hersien word en deur die aansoeker se primêre navorsingstoesighouer afgeteken word, en
  • Die aansoekvorm en vereiste aanhegsels, soos per aansoekvorm, moet ontvang word op of voor die verklaarde sperdatum vir die spesifieke aansoek, e-pos debbiem@sun.ac.za. ​


Hoe word toekennings gemaak? 

Slegs volledige aansoeke op die mees onlangse aansoek e-vorm sal oorweeg word. Geen hardekopie aansoekvorms sal toegelaat word nie. Toekennings sal gemaak word:

  • op 'n mededingende grondslag en volgens die riglyne;
  • op grond van meriete; en
  • na gelang van die beskikbare begroting.



Wanneer sluit aansoeke?

Die sperdatum vir die eerste rondte aansoeke is 1 April. Die sperdatum vir die tweede rondte aansoeke is 1 November. Aansoeke wat ná hierdie datum ontvang word, sal nie oorweeg word nie.
 

Wie kan ek kontak vir verdere inligting?

Vir fondsreëls en -riglyne sowel as aansoekvorms, kontak Dr Debbie Marais, Hoof: Kantoor vir Voorgraadse Navorsing, Navorsingsontwikkeling en -steun, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. E-pos: debbiem@sun.ac.za. Tel: 021 938 9181.




Voorgraadse Navorsing TUIS
Kontak ons
------------------------------------
Nuttige Skakels
 

» Rules (English)​​​​​​

» Reëls (Afrikaans)​​​​​​​

​» Aan​soek Vorm (English only)​​​

» Progress Report (English only)