Spotlight-Reeks
Die tweejaarlikse seminare van die Spotlight-reeks verskaf aan akademici 'n platvorm om hul navorsing aan die aktuele temas van
nasionale en internasionale gedenkdae
te koppel. Die geleentheid word gebruik om kameraderie in die FGGW te bevorder. Registreer asseblief vir die byeenkoms, via hierdie pamflet. Alhoewel die geleentheid sedert die pandemie in hibriede formaat aangebied word, word persoonlike bywoning in die BMNI-gebou op Tygerberg kampus verkies. Beide opsies vir bywoning vereis registrasie. Kort kreatiewe optredes deur FGGW-studente vorm deel van die program. 'n Ligte vingerete word bedien.