RDSD
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​NIOS  |  Voorgraadse Navorsing

Befondsing

Voorgraadse Publikasieaansporingsfonds 

 

Wat behels dit?

'n Finansiële toekenning aan hoofstudieleiers wat mede-outeur op publikasies in geakkrediteerde, eweknie-beoordeelde vaktydskrifte met voorgraadse studente is, wie se navorsing hulle gefasiliteer het as deel van studente se geregistreerde studie in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW).

 

Watter bedrag word toegeken?

R10,000 per kwalifiserende publikasie vir hoofstudieleiers wat as mede-outeurs op voorgraadse publikasies aangedui word. Hierdie toekenning moet aangewend word tot voorgraadse navorsing binne die betrokke afdeling of departement.

 

Wie kom in aanmerking?

'n FGGW-personeellid wat beide as mede-outeur van ʼn DHOO-geakkrediteerde eweknie-beoordeelde vaktydskrifte EN hoofstudieleier van 'n voorgraadse student dien, welke student die mede-outeur is van die geakkrediteerde gepubliseerde artikel wat vanuit die voorgraadse navorsingsprojek ontstaan het.

 

Hoe doen ek aansoek?

  • Voltooi die jongste weergawe van die aansoek vorm (UPI-02-2020). Geen hardekopie aansoekvorms word toegelaat nie.
  • Heg die vereiste stawende dokumente aan (etiekgoedkeuringsbrief, bewys van aanvaarding van referaat, gepubliseerde weergawe van referaat).
  • Dien die voledige aansoekvorm en gepubliseerde papiere enige tyd gedurende die jaar in, deur e-pos na debbiem@sun.ac.za​. Alle aansoeke sal eenkeer per jaar oorweeg word, tussen 1 Mei en 30 Mei, en daarna sal die aansoeker van die uitkoms in kennis gestel word.

 

Hoe word toekennings gemaak? 

Slegs volledige aansoeke op die mees onlangse aansoek vorm (UPI-02-2020) sal oorweeg word. Toekennings sal gemaak word:

  • volgens die fondsreëls en –riglyne, en
  • na gelang van die beskikbare begroting.

 

Wanneer sluit aansoeke?

Aansoeke kan enige tyd gedurende die jaar ingedien word. ALLE aansoek sal elke jaar tussen 1 Mei en 30 Mei hersien word. Aansoekers sal daarna van die uitkoms in kennis gestel word.


Wie kan ek kontak vir verdere inligting? 

Vir fondsreëls en -riglyne sowel as aansoekvorms, kontak Dr Debbie Marais, Hoof: Kantoor vir Voorgraadse Navorsing, Navorsingontwikkeling en -steun, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. E-pos: debbiem@sun.ac.za. Tel: 021 938 9181. ​


Voorgraadse Navorsing TUIS
Kontak ons
------------------------------------
Nuttige Skakels
 

Voorgraadse Publikasieaansporingsfonds fondsreë​ls en aansoekvorms:  

» Rules (English)

» Reëls (Afrikaans)​​​

» Ap​plication form (English only)​​