Navorsingsontwikkeling en -steun
Kantoor vir Navorsingsteun
aan Kliniese Assistente
Kursusse en werkswinkels
Aangepaste lesings, werkswinkels en kort inligtingsessies
Skakel asseblief met Dr Karis Moxley (karismoxley@sun.ac.za) as jy pasgemaakte ondersteuning van die KNKA vir die kliniese assistente in jou departement verlang.
Moontlike onderwerpe vir lesings, werkswinkels of kort inligtingsessies sluit in:
- Oorsig van die MMed/MPhil-navorsingsroete
- Bronne van navorsingsteun binne die Fakulteit
- Algemene akademiese skryfvaardighede
- Skryfvaardighede vir protokolle
- Data-insameling en -ontleding
- Skryfvaardighede vir proefskrifte of manuskripte
- Navorsingskryfmaratons
Kliniese Navorsingsprotokol Skryfkursus
Hierdie 16-weke-kursus word meestal aanlyn aangebied en sluit vyf werkswinkel-tipe kontaksessies in. Deelnemers word aangemoedig om teen die einde van die kursus 'n konsepprotokol te voltooi. Die kursus is vir alle kliniese assistente (MMed- en MPhil-kandidate) sowel as ander nagraadse studente aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe oopgestel. Deelnemers moet gereed wees om met hulle navorsing te begin, of moet alreeds begin het om 'n protokol te skryf. Konsultante en studieleiers is ook welkom.
Let asseblief daarop dat registrasie vir die
2020 kursus reeds gesluit het.

Opleiding wat die Kantoor vir Navorsingskapasiteitsontwikkeling en -befondsing aanbied
Die KNKOB bied verskeie
werkswinkels, kursusse en kort inligtingsessies aan wat daarop gerig is om
vaardighede onder personeel, navorsers en nagraadse studente in
gesondheidswetenskappe en kliniese navorsing te ontwikkel. Om te sien watter
sessies ons gaan aanbied en om in te skryf, klik hier.