RDSD
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​NIOS  |  Voorgraadse Navorsing

Befondsing

Voorgraadse Kongresaanbiedingsfonds 

Wat behels dit?

Gedeeltelike of volle finansiering vir voorgraadse studente om navorsing wat hulle as deel van hulle geregistreerde studie in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe onderneem het, by akademiese konferensies aan te bied.

 

Watter bedrag word toegeken?

Toekennings van tot R10,000 sal toegestaan word.

 

Wie kom in aanmerking?

Enige voorgraadse geregistreerde student in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) wat graag 'n konferensie wil bywoon om die resultate aan te bied van navorsing wat hy/sy as deel van voorgraadse studie in die FGGW onderneem het.

 

Hoe doen ek aansoek?

  • Voltooi die jongste weergawe van die aansoek vorm (UCP-02-2020). Geen hardekopie aansoekvorms sal toegelaat word nie .
  • Heg die vereiste stawende dokumente aan (bewys van registrasie, etiekgoedkeuringsbrief, amptelike konferensieaankondiging, konferensieprogram, bewys van aanvaarding van opsomming, skriftelike bewys van konferensieregistrasiefooie).
  • Aansoeke moet deur die aansoeker se primêre toesighouers hersien en afgeteken word.
  • Die ondertekende aansoek én vereiste aanhangsels moet voor of op die aangeduide sperdatum vir die rondte deur​​ e-pos (debbiem@sun.ac.za) ingedien word.


Hoe word toekennings gemaak? 

Slegs volledige aansoeke op die mees onlangse aansoek vorm sal oorweeg word. Toekennings sal gemaak word:

  • op 'n mededingende grondslag en volgens die riglyne,
  • op grond van meriete, en
  • na gelang van die beskikbare begroting.

 

Wanneer sluit aansoeke?

​Die sperdatum vir die eerste rondte aansoeke is 1 Mei. Die sperdatum vir die tweede rondte aansoeke is 1 Oktober. Aansoeke wat ná hierdie datum ontvang word, sal nie oorweeg word nie. 


Wie kan ek kontak vir verdere inligting? 

Vir fondsreëls en -riglyne sowel as aansoekvorms, kontak Dr Debbie Marais, Hoof: Kantoor vir Voorgraadse Navorsing, Navorsingontwikkeling en -steun, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. E-pos: debbiem@sun.ac.za. Tel: 021 938 9181. 


Voorgraadse Navorsing TUIS
Kontak ons
------------------------------------
Nuttige Skakels
 

Voorgraadse Kongresaanbiedingsfonds fondsreëls en aansoekvorms:  

» Rules (English)

» Reëls (Afrikaans)​​​​

​» Aansoek vorm (English only)