Tygerberg Doktorale Kantoor
Die Tygerberg Doktorale Kantoor bied omvangryke steun vir doktorale studies in die US Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe - vanaf departementele keuring tot en met eksaminering. Die kantoor hanteer die eksaminering van proefskrifte in (100%) navorsingsmagistergrade; fasiliteer die FGGW se Pre-Doktorale Kortkursus; en verskaf 'n fakulteitsgebasseerde kontakpunt vir consolidocs, na-doktorale genote, en hul tuisdepartemente.