Spotlight-Reeks
Die tweejaarlikse seminare van die Spotlight-reeks verskaf aan akademici 'n platvorm om hul navorsing aan die aktuele temas van
nasionale en internasionale gedenkdae
te koppel. Die geleentheid word gebruik om kameraderie in die FGGW te bevorder. Registreer asseblief vir die byeenkoms, via hierdie pamflet. Alhoewel die geleentheid sedert die pandemie in hibriede formaat aangebied word, word persoonlike bywoning in die BMNI-gebou op Tygerberg kampus verkies. Beide opsies vir bywoning vereis registrasie. Kort kreatiewe optredes deur FGGW-studente vorm deel van die program. 'n Ligte vingerete word bedien.
-
Dinsdag, 27 Mei 2025, ter herdenking van Afrika-dag
Die Afrika-dag teme vir 2025 is
'Geregtigheid vir Afrikane en mense van Afrika-afkoms deur regstellings'.
Hierdie tema sal met ongelykheid met betrekking tot gesondheid in verband gebring word.
Paneel van sprekers:
Hoofrede - Prof Hassan Mahomed, US Afdeling Openbare Gesondheid
Me Yeukai Chideya, navorser, US Afdeling Openbare Gesondheid
Dr George Chingarande, US Afdeling Geneeskundige Etiek en Wetgewing
Me Carine Marks, US Afdeling Kliniese Farmakologie
-
Dinsdag, 2 September 2025, ter herdenking van Internasionale Vredesdag
te same met Suid-Afrika se Vrouedag en Erfenisdag