RDSD
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​NIOS  |  Voorgraadse Navorsing

Voorgraadse Navorsingsfonds


Die Voorgraadse Navorsingsfonds is ʼn fonds in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, spesifiek vir steun aan voorgraadse navorsing in die Fakulteit. Die Fonds is deur die Kantoor vir Voorgraadse Navorsing geadministreer, en bestaan uit vier subfondse: 

  1. Voorgraadse en Honneurs Navorsingspro​jekbefondsing: vir navorsingsverwante koste verbonde aan die uitvoer van voorgraadse en honneurs navorsingsprojekte.
  2. Voorgraadse Kongresaanbiedingsfonds: vir voorgraadse studente om hul navorsing by nasionale of internasionale kongresse aan te bied.
  3. Voorgraadse Publikasieaansporingsfonds: om aansporing te bied vir die publikasie van voorgraadse navorsing in geakkrediteerde, portuurbeoordeelde vaktydskrifte.
  4. Voograadse Opp Toegangsfonds

 ​

Die oproepe om aansoeke vir die Voorgraadse Navorsingsprojekbefondsing sal elke jaar in Maart en Oktober gepubliseer word, met sperdatum van 1 April and 1 November Verdere inligting, fondsreëls en aansoekvorms kan hier gevind word. 


Die oproepe om aansoeke vir die Voorgraadse Kongresaanbiedings- en Publikasieaansporingsfonds sal elke jaar in April en September gepublise​er word, met sperdatum van 1 Mei en 1 Oktober. Verdere inligting, fondsreëls en aansoekvorms kan hier gevind word vir die Kongresaanbiedingsfonds en hier vir die Publikasieaansporingsfonds.