RDSD
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Navorsings- en Internasionaliseringsontwikkeling en -Steun (NIOS)

Meer oor die Kantoor vir Gesondheidsnavorsingsetiek

Die hoofdoel van die Kantoor vir Gesondheidsnavorsingsetiek is om navorsers van die Universiteit Stellenbosch te ondersteun ter nakoming van die vereistes rakende die beskerming van die veiligheid, regte en welstand van mensedeelnemers aan gesondheidsnavorsing.

Die funksies van hierdie kantoor sluit in administrasie van die Universiteit Stellenbosch se twee gesondheidsnavorsingsetiekkomitees, algemene leiding in die voldoening aan plaaslike en internasionale gesondheidsnavorsingsetiekvereistes, en die bou van institusionele gesondheidsnavorsingsetiekkapasiteit.

Gesondheids-
navorsingsetiek-
komitees (GNEK’s): Etiekbeoordeling

Ons kantoor bestuur die stelsels, administrasie en werksaamhede van gesondheidsnavorsingsetiekbeoordeling. Alle gesondheidsnavorsing moet, ingevolge die Gesondheidswet, Wet 61 van 2003, deur ʼn geakkrediteerde navorsingsetiekkomitee goedgekeur word voordat daar met navorsingaktiwiteite begin word waarin interaksie met mensedeelnemers of die gebruik van potensieel identifiseerbare persoonlike rekords of inligting, weefselmonsters of stamstelle in die vooruitsig gestel word. Die Universiteit Stellenbosch het twee gesondheidsnavorsingsetiekkomitees. Die samestelling en funksies van hierdie komitees moet voldoen aan standaarde wat deur die Departement van Gesondheid se Etiek in gesondheidsnavorsing: Beginsels, strukture en prosesse, 2015, neergelê is, asook aan vereistes gespesifiseer in die Amerikaanse Federalwide Assurance. Die doel van die komitees is om so ver redelik moontlik aan hierdie vereistes te voldoen.  

   

Konsultasiediens

 

 

Ons streef daarna om ʼn diensvriendelike omgewing te skep waar navorsers toegang kan verkry tot steun en leiding vir alle etiek- en regulerende aspekte van gesondheidsnavorsing. Kontak ons kantoor om ʼn afspraak met ʼn konsultant te maak, waartydens jy persoonlike leiding sal kry om te verseker jou navorsingsprotokol voldoen aan plaaslike en internasionale etiekstandaarde.  

   

Gesondheids-
navorsingsetiek-
kapasiteit

 

Ons kantoor ontwikkel en neem deel aan sekere ontwikkelings- en opleidingsprogramme in gesondheidsnavorsingsetiekkapasiteit by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe en op die hoofkampus. Wees op die uitkyk vir ons gesondheidsnavorsingsetieksessies in die volgende werkswinkels en Fakulteitsillabusse:  

  • Meestersgraad in Kliniese Epidemiologie;
  • NIH R01-toelaagskryfwerkswinkels;
  • Eendag-navorsingsoorsigwerkswinkel
  • Werkswinkel oor nagraadse studieleiding
  • Voordoktorale kortkursus;
  • Genooide lesing by Ortopediese Chirurgie;
  • Werkswinkel oor die skryf van navorsingsprotokolle;
  • Kortkursus in kliniese navorsing;
  • 2 kort inligtingsessies oor gesondheidsnavorsingsetiek