Doctoral Office
Welkom by Universiteit Stellenbosch

NIOS  |  ​​Tygerberg Doktorale Kantoor

Pre-doktorale Kortkursu​s in Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe


Die Tygerberg Doktorale Kantoor bied jaarliks die US Pre-Doktorale Kortkursus in Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan.

Datum: Die kursus word in tweek blokweke aangebied. Ongeveer een week van opvolgwerk versprei oor die drie tot vier weke na afloop van die kursus, word ook van studente verwag. Die kursus word voorlopig weer vir April/Mei 2024 beplan.

Doel: Die oorhoofse doel van hierdie kortkursus is om 'n substantiewe, interdissiplinere fondasie vir doktorale studies in Geneeskunde en ander Gesondheidswetenskappe te verskaf, te same met leiding wat betref die skryf van 'n doktorale navorsingsvoorstel.

Teikengroep: PhD-studente in die voorstelontwikkelingsfase binne die US Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe wat reeds aan 'n navorsingsonderwerp en verhandelingstitel werk en waarskynlik nie die onderwerp tydens die kursus sal verander nie, word besonderlik aangemoedig om aansoek te doen. Daar word van studente verwag om op te daag met 'n sterk sin van hul navorsingsbelanstelling. Alle voornemende en voorstelfase doktorale studente in 'n gesondheidsverwante veld sal by die kursus baat, maar aansoekers van buite SU moet asb daarop let dat sekere gedeeltes van die kursus aan SU-spesifieke prosesse gewei word.

Voorvereistes: Om vir hierdie kursus oorweeg te word, moet aansoekers reeds in besit van 'n meestersgraad wees en moet hulle beskikbaar wees om die volle kursus by te woon. Voorkeur sal gegee word aan aansoekers wat reeds aan 'n protokol werk en wat studieleiers het wat deur die akademiese omgewing aangestel word waar hulle beoog om vir hul voorgestelde PhD-studie te registreer.

Formaat van die kursus: Die Predoktorale Kortkursus in Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe is tans 'n kontakkursus met elemente van die hibriede klaskamer. Die kursus sal waar moontlik op 'n praktiese wyse aangebied word sodat studente genoeg tyd sal hê om met hul protokolle in gesprek te tree en met hul studieleiers te konsulteer. Om dit moontlik te maak, sal suksesvolle aansoekers leesstof ontvang om vooraf te bestudeer.

Lokaal: Instituut vir Biomediese Navorsing-gebou, Tygerberg kampus

Kursusinhoud: Klik hier vir 'n voorbeeldprogram

Taal van ondderrig: Engels

Sertifisering: Die kursus is as 'n kortkursus geregistreer, waarvoor 'n US Bevoegdheidsertifikaat uitgereik word. Studente word geassesseer op grond van hul vordering gedurende die kursus - met elemente van hul navorsingsvoorstel en met hul aanbieding aan die einde van die kursus. Studente word versoek om ten tye van hul aansoek die opsie vir 'n digitale sertifikaat uit te oefen.
CPD-punte: Die kursus is geakkrediteer vir 30 CPD-punte en 5 Etiekpunt vir diegene wat die volle kursu bywoon en aan wie die bevoegdheidsertifikaat toegeken word.

NKR-vlak: 9

Koste: R4,895- per student in 2024

Kontak: Me Chanelle Windvogel - chaneller@sun.ac.za (kursus adminstrateur)

Sameroeper: Dr Liela Groenewald - tyg-phd@sun.ac.za

Opvolg: Na suksesvolle voltooiing van die kortkursus word US studente aangeraai om deel te neem aan die PhD Praktykgemeenskap vir deurlopende ondersteuning tydens hul doktorale studies en om van die US Nagraadse Kantoor se verskeie geleenthede vir toepaslike kapasiteitsontwikkeling gebruik te maak.