Doctoral Office
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

Komitee vir Nagraadse Navorsing

​Amptelike naam: Die FGGW Komitee vir Nagraadse Navorsing (KNN)

Taak/doel en tipe: Die Komitee vir Nagraadse Navorsing vergader kwartaalliks om navorsingsgraadverwante aangeleenthede namens die Fakulteitsraad van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) van die Universiteit Stellenbosch te oorweeg, vir uiteindelike goedkeuring deur die US Senaat, die hoogste akademiese liggaam van die universiteit.

Die toekomstige vergadering- en sakelys sluitingsdatums van die KNN is as volg:

KNN vergaderings

Sakelys sluit om twaalfuur / 12:00

KNN vergadering (hibried) om 2nm / 14:00

17 Januarie 2023
Donderdag, 26 Jan​uarie 2023
20 Maart 2023
Dinsdag, 4 April 2023
12 Junie 2023
Donderdag, 22 Junie 2023
21 September 2023
Donderdag, 5 Oktober 2023​​

Hierdie datums word saam met ander kritieke datums en sperdatums ook in die FFFW almanak gepubliseer. 

Samestelling van die komitee: KNN verteenwoordiging word deur die nagraadse navorsingsproduktiwiteit van elke akademiese departement bepaal.

Enige lid van 'n departement, soos deur die Departementshoof benoem, mag op die KNN dien. E-pos asseblief enige veranderinge met betrekking tot verteenwoordiging op die KNN direk na Dr Groenewald by lgr@sun.ac.za, gekopiëer aan Prof Gey van Pittius by researchfhs@sun.ac.za. Departementshoofde word vriendelik versoek om 'n nuwe verteenwoordiger voordat die termyn van 'n vorige lid tot 'n einde kom te benoem; en om 'n plaasvervanger, sou 'n lid met sabbatsverlof gaan ook te benoem. Dit is nodig vir die effektiewe voortsetting van komiteewerk soos oorsig paneel verteenwoordiging, en om 'n kworum by vergaderings te bereik. ​

Termyn van lidmaatskap: Gewone lidmaatskap duur totdat 'n departementele verteenwoordiger bedank, aftree, of deur die betrokke departementshoof vervang word.

Samestelling: Die Visedekaan: Navorsing en Internasionalisering, Prof NC Gey van Pittius, is die Voorsitter van die FGGW KNN. Die hoof van die FGGW Doktorale Kantoor, Dr HL Groenewald, is die Sekretaris van die komitee. Ex officio lidmaatskap word ook aan die FGGW Dekaan, die Visedekaan: Leer en Onderrig, die voorsitter van die Tygerberg Nagraadse Studenteraad, die Adjunkregistrateur, en die hoof van die Gesondheidsnavorsingsetiekkantoor toegeken. Klik hier vir 'n lys van huidige KNN-lede. 

Mandaat:

Die Komitee vir Nagraadse Navorsing (KNN) oorweeg navorsingsverwante sake namens die FGGW. Dit sluit in: beleid en regulasies met betrekking tot navorsing en nagraadse studie, nuwe navorsingsgrade vir insluiting in die US Jaarboek, toelating tot doktorale navorsing, onderbreking van studies, studieleiers en eksaminatorbenoemings vir navorsingsgrade, asook die aanbeveling van nagraadse navorsingsgraadresultate.

Lidmaatskap van die KNN behels ook die verantwoordelikheid om op PhD-voorstel oorsigpanele te dien. Die Tygerberg Doktorale Kantoor ken KNN-verteenwoordigers aan oorsigpanele toe, hoewel die paneelvoorsitter en KNN verteenwoordiger saam 'n wedersyds geskikte datum bepaal en alle ander reëlings tref. Die hooftaak van 'n KNN-verteenwoordiger op 'n doktorale oorsigpaneel is om te verseker dat die paneel korrek saamgestel is, dat die oorsigproses korrek gevolg word, dat alle lede (toereikende geleentheid ontvang om te kan) deelneem, en dat die Vorm A3 volledig voltooi word (aangesien alle velde verpligtend is). Wanneer 'n KNN-verteenwoordiger oor die nodige vakkundigheid beskik, mag hulle ook 'n volledige oorsigverslag verskaf. Die rol van ʼn KNN-verteenwoordiger en van ʼn paneelvoorsitter mag albei met dié van kundige oorvleuel, maar die rol van voorsitter mag nie met dié van KNN-verteenwoordiger oorvleuel nie.​ Die hoofrede waarom KNN verteenwoordigers sentraal toegeken word, is om 'n gelykmatige werksverdeling met betrekking tot paneeldeelname, onder KNN lede te bevorder.

Agenda:

  • Standaarditems, insluitend die benoeming van navorsingsgraadstudieleiers en -eksaminatore, aansoeke vir die onderbreking van navorsingsgraadstudies, en veranderinge van navorsingsgraadprojektitels, word via departementele Nagraadse Programkomitee-rapporte in Senaatformaat, op die agenda geplaas. Hierdie rapporte word per e-pos na mjantjies@sun.ac.za aan Me Megan Jantjies ingedien en na Tyg-PhD@sun.ac.za gekopiëer.
  • Geen NPK-verslag mag ingedien word tensy die voorsitter van die NPK vooraf die geleentheid gehad het om die inhoud daarvan goed te keur nie. 

Die benoeming van eksaminatore vir navorsingsmeesters- en doktorsgrade word via departementele nagraadse komiteeverslae op die agenda geplaas. Geen navorsingsmagistertesis of doktorale proefskrif mag vir eksaminering gestuur word voor die goedkeuring van eksaminatore deur die KNN nie. Eksaminatore moet ses maande voordat studente hul werk vir eksamen indien, genomineer word. 

Jaarboekinskrywings of -wysigings word via departementele nagraadse programkomiteeverslae op die agenda geplaas. Neem asseblief kennis dat die omkeertyd vanaf KNN-indiening tot jaarboekinsluiting meer as 'n jaar is, as gevolg van die verskillende vlakke van oorsig en goedkeuring. Aangesien die jaarboek een keer per jaar gepubliseer word, sal vroeër indiening nie die proses bespoedig nie. Jaarboekitems kan in Oktober of November ingedien word vir insluiting in die agenda van 'n Januarie-vergadering van die KNN, wat lei tot 'n jaarboekinskrywing in die daaropvolgende akademiese jaar.

  • Sekere items word deur die hoof van die Tygerberg Doktorale Kantoor op die agenda geplaas sodra bepaalde US-mylpale bereik is:
  • Die goedkeuring van 'n PhD-navorsingsprojek word deur die Sekretaris op die agenda geplaas na die suksesvolle oorsigproses en sodra die klaringsbrief van die betrokke Etiekkomitee, met die naam van die kandidaat, ingedien is by die Tygerberg Doktorale Kantoor. Alle kandidate moet daarna streef om aansoek te doen vir etiese klaring binne ses maande vanaf toetrede tot die program. 

Let wel: Hierdie voorlegging sluit die formele benoeming van die studieleiers in. Die persentasie bydrae van beide interne en eksterne studieleiers moet op hierdie tydstip aangedui word. Die volgende meganisme moet gebruik word om die % verdeling van toesig akkuraat vas te lê, beide vir interne en eksterne studieleiers: 'n identiteit vir die eksterne studieleier moet op SUN-id geskep word en in die proses moet die individu gekoppel wees aan die korrekte departement waar hulle toesig lewer. Die persoon word soos gewoonlik aan die betrokke student gekoppel, maar die persoon word geïdentifiseer as "ekstern" en word op die NAO/PAS soekfunksie met hul US nommer (soos geskep in SUN-id) gevind. Dit maak voorsiening vir beide 'n akkurate uitbeelding van toesigwerklading en die korrekte vloei van fondse na die omgewing.

Let wel: Die hersiening en aanvaarding van 'n student se projek en titel kan nie by die KNN verwerk word nie as 'n kandidaat die program betree het sonder formele aanlyn aanvaarding om te studeer by die Universiteit Stellenbosch. Aanvanklike aansoek en keuring in die PhD-program vind aanlyn plaas, via die SunStudent studente inligtingstelsel.

Die goedkeuring van PhD-uitslae word op die agenda geplaas sodra die finale studieleierverslag, finale proefskrif en lys van regstellings die Tygerberg Doktorale Kantoor bereik het na die mondelinge eksamen wat aan die einde van die eksamenproses gehou is. Studieleierverslae kan voor die mondeling voorberei word, sodat slegs wysigings wat deur die mondeling vereis word, oorbly. Die finale studieleierverslag, finale proefskrif en kennisgewing van regstellings, alles in PDF-formaat, kan aangeheg word aan 'n e-pos na medphd@sun.ac.za (slegs hierdie adres) direk na die mondelinge aanbieding.

Studieleiers se motivering vir 'n student om die maksimum periode van 'n PhD te oorskrei, word vereis teen ses maande voordat die maksimum periode bereik word. Sien asb hierdie inligtingstuk oor die bepalinge rondom die maksimum periode. Motiveringsbriewe word versigtig deur die KNN, die Fakulteitsraad, en die Senaat oorweeg. Motiveringsbriewe word ten tye van die jaarlikse vorderingsverslag in Oktober versoek, vir elke PhD-student in jaar 5 wat nie teen 14 Oktober 'n verhandeling ingedien het vir eksaminering nie. Motiveringsbriewe kan aan tyg-phd@sun.ac.za gestuur word.

  • ʼn Versoek om nuwe items by die sakelys in te sluit kan per e-pos aan Dr Liela Groenewald by LGR@sun.ac.za gestuur word.

Let wel: Stuur asseblief alle voorleggings vroeër eerder as later, aangesien finale US afsnydatums soos deur die US Senaat bepaal, op ʼn besondere streng tydlyn tot die twee reekse gradeplegtighede per jaar bestuur word.

Sake vir die KNO: Voorstelle vir nuwe PhD programme dien eers by die Dekaan se bestuurspan en daarna by die Komitee vir Nagraadse Onderrig (KNO), eerder as by die Komitee vir Nagraadse Navorsing. Die laaste geleentheid waarop veranderinge aan die Jaarboek vir 'n gegewe akademiese jaar oorweeg kan word, is die eerste KNO vergadering van die vorige akademiese jaar. Navrae oor hierdie proses kan aan die Assistenthoof van die Sentrum vir Studenteadministrasie (Tygerberg kampus) by hmg@sun.ac.za, gerig word. ​