Doctoral Office
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​NIOS  |  ​​Tygerberg Doktorale Kantoor

FGGW Nadoktorale Genote


Die FGGW bied op 'n kompeterende basis voltydse genootskappe aan PhD graduandi met die doel om hul navorsingservaring uit te bou ter wille van hul akademiese loopbane. Voltydse FGGW akademiese of navorsingspersona doen aansoek om as gasheer vir potensiele na-doktorale genote op te tree en adverteer dan elke genootskap om 'n gepasde genoot te werf. Toekennings begin vanaf R220,000 per jaar vir twee jaar, met sluitingsdatums tussen Maart en September. Genootskappe is moontlik met die steun van Subkomitee C and ander bronne van befondsing. Gasheer navrae oor Subkomitee C befondsing mag aan Mnr Tashwell de Wet by tashwell@sun.ac.za, gerig word. Om meer inligting vir gashere te lees, klik hier.

Inligting vir (voornemende) nadoktorale genote:

As 'n individu wat minder as vyf jaar gelede 'n doktorsgraad voltooi het, word u uitgenooi om aansoek te doen vir 'n nadoktorale genootskap in die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. Aangesien elke nadoktorale genoot 'n gasheer moet hê, is dit raadsaam om hierdie moontlikheid te ondersoek in gesprek met 'n studieleier of 'n voornemende gasheer wat 'n senior akademikus in die betrokke akademiese omgewing is, selfs voordat 'n verhandeling vir eksaminering ingedien word. Eksterne en internasionale voornemende postdoks word ook aangemoedig om binne vier jaar na ontvangs van 'n doktorsgraad aansoek te doen vir geadverteerde nadoktorale geleenthede. Kandidate wat suksesvol onafhanklike befondsing kan bekom, is ook welkom om 'n voornemende gasheer in die FGGW te nader oor die moontlike opstel van 'n nadoktorale genootskap.

Genootskappe is afhanklik van keuring en befondsing, en kan vir 'n minimum van een jaar en 'n maksimum van vyf jaar toegeken word. 'n Nadoktorale genootskap kan toegeken word tot vyf jaar na die graduering van 'n PhD.

Afgesien van volledige nadoktorale genootskappe, bied die US ook befondsing aan om doktorale kandidate in staat te stel om ses maande vanaf voltooiing van die graad te spandeer om artikels op grond van hul doktorale navorsing via die mededingende Consolidoc progr​​am.

Die Tygerberg Doktorale Kantoor dien as 'n kampusgebaseerde verwysingspunt vir alle FGGW na-doktorale genote of voornemende postdocs. Oorkoepelende verantwoordelikheid vir alle algemene aangeleenthede rakende Postdoktorale Genootskap, veral registrasie en betaling, lê by die US Na-doktorale Kantoor. Jy word uitgenooi om daardie kantoor by  postdocinfo@sun.ac.za te kontak.


Die volgende dienste is beskikbaar vir alle geregistreerde postdoktorale genote in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe gebaseer op Tygerberg-kampus (klik hier vir drukbare weergawe):

1 Kaarttoegang

Om 'n toegangskaart te bekom, kan 'n geregistreerde postdoktorale genoot na die kaartaktiveringskantoor naby die ingang van die kliniese gebou gaan, waar 'n foto en 'n toegangskaart teen 'n fooi van R200 uitgereik word. (Toegangskaarte kan ook op Stellenbosch-kampus by die IT-hub in die Admin A-gebou verkry word.)

'n Nadoktorale genoot wat nog nie geregistreer is nie, sal teen 'n koste van R200 vir besoekerstoegang moet aansoek doen. 'n Aansoekvorm word voltooi met 'n afskrif van ID aangeheg en gestuur aan me L Matthee lm@sun.ac.za en mnr A Hartzenburg abrahamh@sun.ac.za vir verwerking.

2 Parkering

Nadoktorale genote mag by P5 voor die BMRI parkeer (sien asseblief die kaart by hierdie skakel). Om boom- en parkeertoegang geaktiveer te hê, moet postdoktorale genote  die parkeringskoördineerder kontak  of aansoek doen om parkering hier deur op die skakel in afdeling 1.1.2 te klik. Die besonderhede van die nadoktorale genote kan ook  deur die gasheer aan die parkeringskoördineerder gestuur  word om in die stelsel gelaai te word. Sou enige uitdagings met hierdie stappe ervaar word, kontak asb. Me Wendy Robyn (wrobyn@sun.ac.za) vir verdere bystand.

3 Biblioteek

Nadoktorale genote het die volgende voorregte (soos aangedui by hierdie skakel):

  • Leen: 15 items vir 30 dae per item.
  • Hernuwing: 2 per item (met 'n maksimum hernuwingstydperk van 90 dae) tensy iemand anders dit versoek het. Hernu aanlyn of vra 'n personeellid. 
  • Terugsendings: Na enige van die biblioteek- en inligtingsdienswebwerwe.
  • Boetes: Agterstallige items sal beboet word teen R1 per item per dag. Leenvoorregte sal opgeskort word wanneer 'n limiet van R30 bereik word.
  • Bewaring van boeke wat tans geleen word: Gratis en onbeperk - bespreek aanlyn of vra 'n personeellid.

Die Geneeskunde & Gesondheidswetenskappe Biblioteek het nege seminaarkamers. Nadoktorale genote kan seminaarkamers 4 en 8 bespreek wat vir gebruik deur nagraadse studente, nadoktorale genote en personeel gereserveer word. 'n Seminaarkamer kan by hierdie skakel bespreek word.

4 Toegang tot Sagteware vir navorsingsdoeleindes

Die US se sagtewarestasie gee nadoktorale genote toegang tot sekere sagteware-pakette vir navorsingsdoeleindes, soos gedek deur universiteitswye lisensies.

5 FGGW-OTF publikasiesteun

Die FGGW se Oop Toegansfonds bied finansiele steun van die bladfooie vir navorsingsartikels in eweknie-beoordeelde, geakkrediteerde, oop-toegang en hibriede tydskrifte. Postdoktorale genote wat nie geoormerkte befondsing vir bladfooie het nie, word aangemoedig om deurlopend op 'n ad hoc basis aansoek te doen. Afhangende van die beskikbaarheid van fondse, kan toekennings van tot R30,000 gemaak word om tot 100% van die bladfooie vir FGGW-geaffiliëerde outeurs te steun. Navrae kan aan Dr Tania Brodovcky by taniab@sun.ac.za gerig word.


6 Kapasiteitsbou geleenthede

Nadoktorale genote word aangemoedig om van die kampusspesifieke kapasiteitsontwikkelingsgeleenthede wat binne die FGGW se Afdeling Navorsing en Internasionaliseringsondersteuning beskikbaar is, gebruik te maak. Die sentrale US Postdok-kantoor bied ook Postdok-spesifieke geleenthede via hul aanlyn platforms.

Dit is ook moontlik om per geleentheid die African Doctoral Academy se meesterklas webinare by te woon.

7 Kampus Gesondheidsdienste

Die Gesondheidsdienstekliniek op Tygerberg-kampus is oop van Maandag tot Vrydag, 08:00 – 16:00, en kan bereik word by (021 – 938 9590). Die kliniek is geleë op die 2de Vloer, van Tygerberg Studentesentrum. Om die Tygerberg-kliniek te besoek, moet 'n mens eers 'n afspraak maak deur bogenoemde kontaknommer te kontak. Meer inligting oor die kampusgesondheidsdienste is hier beskikbaar.

8 Studente steundienste

Die Sentrum vir Studentevoorligting en -Ontwikkeling (SSVO) bied gratis en vertroulike ondersteuningsdienste aan studente op die Tygerberg-kampus. 'n Afspraak moet bespreek word gedurende werksure by ontvangs of by tel (021) 927 7020 of e-pos supportus@sun.ac.za. Meer inligting oor geestesgesondheidsdienste se ondersteuning is hier beskikbaar.

9 Eetplekke op kampus

Die volgende opsies is beskikbaar om op Tygerberg-kampus kos te koop:

  • Cups & Saucers koffiewinkel wat naby die ingang van die kliniese gebou geleë is. Dit bied 'n verskeidenheid koffies, koeldranke, ontbyt- en middagete-etes en versnaperinge, terwyl borde vooraf bestel kan word;
  • Synergy Cafe situated op die grondverdieping van die BMNI bied ligte etes en drankies;
  • Vida Cafe koffiewinkel in die voorportaal van die onderwysgebou verkoop koue en warm drankies, toebroodjies en versnaperinge;
  • Die hospitaalkafeteria of studentesentrum met verskeie afsetpunte van onder meer skyfies, pasteie, 'wraps', hamburgers, pasta ens. Aanbiedings wissel van toebroodjies vanaf sowat R40, tot gekookte of koue etes met 'n gemiddelde koste van R100 per maaltyd. Die hospitaal- en studentekafeteria kan albei met behulp van die toegangskaart verkry word.
  • Die studentesentrum het vier winkels wat kos verkoop: My Brew Coffee Roastery, Planetsavvy, Vida-kafee en 'n mini-supermark. My Brew Coffee Roastery bied koue en warm drankies en versnaperinge, terwyl Planetsavvy koue drankies, toebroodjies, pizzaskywe, pastei, wraps, pasta, hoender en steak verkoop.

10 Eweknie steun en lidmaatskap van die Postdok Vereniging

Sodra na aankoms asb. dadelik aan by die whatsapp gemeenskapsteungroep for Tygerberg Nadoktorale Genote:  https://chat.whatsapp.com/CnwXvvTaRJp3N40FQ0H6jp
Elke postdok van die Universiteit Stellenbosch is ook outomaties 'n lid van die Postdoktorale Vereniging. Die PDS word deur postdoks bestuur en verteenwoordig die belange van die postdoks binne die strukture van die Universiteit Stellenbosch. Afgesien van hierdie verteenwoordigende rol, beoog die PDS om postdoks met behulp van vergaderings, geleenthede en sosiale aktiwiteite in verbinding te bring. Die PDS kan gekontak word via postdocs@sun.ac.za.​


11 Algemene navrae

Algemene navrae kan aan postdocinfo@sun.ac.za gerig word. Alle administratiewe dokumente met betrekking op nadoktorale genote is beskikbaar by hierdie skakel:
https://stellenbosch.sharepoint.com/sites/PostdocAdministrationSupportPostdocs.
Inloop-navrae word ook
op Maandae-, Woensdae of Vrydagoggende verwelkom by die Tygerberg Doktorale Kantoor in kantoor 1073 op die eerste verdieping van die Kliniese Gebou (Steunafdelings), of om aan me Brigitta Kepkey by tel 011 938 9813 of e-posadres tyg-phd@sun.ac.za. Ons kantoor dien as 'n verwysingspunt na die Postdoktorale Kantoor op Stellenbosch kampus.

Behuising

Let asb. daarop dat geen toegeweide nagraadse of na-doktorale behuising deur die US verskaf word nie. Daar word meegeding om akkomodasie in die gesogde woonareas van die Wes-Kaap, en dit is dus raadsaam om reeds voor aankoms reëlings vir gepasde akkommodasie te tref. Die volgende opsies kan oorweeg word:
  • Geverifieer: Tygerberg Private Verblyf (Klik op Tygerberg Private Verblyf
  • Nie geverifieer: Property24 huur opsies
  • The Digs (NSFAS geakkrediteer) oorkant ons kampus: info@thedigs.co.za  | www.thedigs.co.za 
  • Bell Vista losies: www.bellvista.co.za  |  info@bellvista.co.za
  • Digs Connect: www.digsconnect.com
  • Epos Me Osborne vir 'n lys van private akkommodasie: privateaccomm@sun.ac.za
  • Hoewel dit nie gewaarborg is nie, mag ons die korttermyn studente-losieshuis op ons kampus tydelike verblyf kan bied. Om hieroor navraag te doen, kontak Me Pruniel Thornes by fmhsbm@sun.ac.za