Doctoral Office
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Afdeling Navorsingsontwikkelin​​​g & -steun

​Tygerberg Doktorale Kantoor

​Die Tygerberg Doktorale Kantoor bied omvangryke steun vir doktorale studies in die US Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe - vanaf departementele keuring tot en met eksaminering. Die kantoor hanteer die eksaminering van proefskrifte in (100%) navorsingsmagistergrade; fasiliteer die FGGW se Pre-Doktorale Kortkursus; en verskaf 'n fakulteitsgebasseerde kontakpunt vir consolidocs, na-doktorale genote, en hul tuisdepartemente.​​ Ons PhD steun webblaaie bevat besonderhede van elke stap in die doktorale proses. 'n Kort oorsig van hierdie hulpbronne is ook in brosjureformaat beskikbaar. The spesifieke regulasies wat op doktorale studente van toepassing is, word uiteengesit in die Universiteit Stellenbosch Jaarboek (Deel 1 - Algemeen) asook in die FGGW Fakulteitsjaarboek (Deel 12 van die SU Jaarboek).

Studente wat ‘n 100% navorsingsmagister in die FGG voltooi, sal deur die Tygerberg Doktorale Kantoor bygestaan word vir die doel van eksaminering. Stuur een epos aan Me Nicoline Cockrell (nicolinecockrell@sun.ac.za) met al drie PDF dokumente aangeheg: die goedgekeurde proefskrif, die Turnitin verslag, en die getekende vrystellingsvorm.​

Lees verder ›

Die Tygerberg Doktorale Kantoor bied omvangreikende steun vir doktorale studies in die FGG, vanaf formele keuring, deur die oorsig van die navorsingsvoorstel, tot en met eksaminering. Alle navrae oor doktorale studies in hierdie fakulteit is welkom by tyg-phd@sun.ac.za.



Lees verder ›​​​​​​​​

TyDo köordineer die pre-doktorale kortkursus binne die FGG. ‘n Beperkte aantal student word gekeur vir hierdie twee-weeklange blokkursus. Dr Chanelle Windvogel (tyg-phd@sun.ac.za) ontvang graag navrae vanaf voornemende studente.
Lees verder ›​​​​​​​

Na-doktorale Genootskap

Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe ontvang graag aansoeke vir consolidoc befondsing en na-doktorale genootskap sodra ‘n student afstudeer en tot vyf jaar na verwerwing van ‘n doktorsgraad. Rig navrae asb aan postdocinfo@sun.ac.za.Lees verder ›​​​​​​​​​​​​​​