RDSD
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Navorsings- en Internasionaliseringsontwikkeling en -Steun (NIOS)

​Meer oor die Kantoor vir Navorsingstoekenningsbestuur

Die Kantoor vir Navorsingstoekenningsbestuur is ʼn professionele steunkantoor wat hoofondersoekers en navorsers in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe bystaan met die verkryging en bestuur van (hoofsaaklik) internasionale navorsingstoelae. Die Kantoor vir Narvorsingstoekenningsbestuur dien as ʼn skakelvlak vir navorsers, die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe-administrasie en befondsingsagentskappe of eksterne borge, en bied bystand aan die Fakulteit met die identifisering van befondsingsgeleenthede, die indiening van voorleggings en aansoeke, en die bestuur van finansiële toekennings. 

Die Kantoor vir Narvorsingstoekenningsbestuur het ʼn toegewyde voortoekenningspersoon wat navorsers bystaan met die tegniese aspekte van die indiening van aansoeke (hoofsaaklik NIH-aansoeke). ʼn Weeklikse nuusbrief oor alle NIH-oproepe om aansoeke en beskikbare befondsing word ook saamgestel en versprei.

Die Kantoor vir Narvorsingstoekenningsbestuur bied die volgende dienste tydens die voortoekennings-aansoekfase:

  • Stel die begroting saam met die navorser op.
  • Bied advies oor die begroting en ander tegniese kwessies tydens indiening.
  • Help met voorbereiding en indiening van navorsingsprotokols.
  • Voltooi die aansoekvorm in sekere gevalle.
  • Onderhandel oor en finaliseer kontrakte.
  • Bepaal tydlyne vir tydige indiening van die aansoek.

Skakel met Christa de Vries vir meer inligting.

 

Die Kantoor vir Narvorsingstoekenningsbestuur bied die volgende dienste tydens die nátoekennings-aansoekfase:

  • Algehele finansiële nakomingsbeheer van projek.
  • Stel maandelikse finansiëlebestuursverslae vir die hoofondersoeker saam.
  • Stel finansiële verslae vir indiening aan die borg met betrekking tot die kontrak saam.
  • Bied bystand aan die hoofondersoeker met nakomingsvereistes (bv. verslagdoening, kostebeginsels van die finansier, ouditering).
  • Gee advies aan en ondersteun hoofnavorsers rakende die borg se ouditvereistes.

Skakel asseblief met een van die projekbestuurrekenmeesters vir meer inligting.

      ​​