RDSD
Welkom by Universiteit Stellenbosch

FGGW Navorsings- & Internasionaliseringsontwikkeling & -Steun (NIOS)

Navorsers en studente in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Universiteit Stellenbosch, word genooi en aangemoedig om gebruik te maak van die navorsingsontwikkelings- en -steunmeganismes wat deur die Afdeling Navorsingsontwikkeling en -steun gebied word. Die afdeling bestaan uit die volgende gefokusde kantore:


Dr Tania Brodovcky bestuur die Kantoor vir Navorsings-kapasiteitsbou en -befondsing. Hierdie funksie ondersteun en ontwikkel aktiwiteite rakende navorsingskapasiteits-ontwikkeling van personeel en nagraadse studente in die en versprei inligting oor geleenthede vir gesondheidsnavorsings-befondsing. Lees meer ›

Me Charmaine Khumalo bestuur die Kantoor vir Gesondheids-navorsingsetiek. Die doel van hierdie kantoor is om navorsers van die Universiteit Stellenbosch te ondersteun ter nakoming van die vereistes rakende die beskerming van die veiligheid, regte en welstand van mensedeelnemers aan gesondheidsnavorsing.   

 

Lees meer ›​​​

Mnr Eugene Baugaard bestuur die Kantoor vir Narvorsings-toekenningsbestuur. Hierdie kantoor dien as ʼn skakelvlak vir ondersoekers, die Fakulteit administrasie en befondsingsagentskappe of eksterne borge, en bied bystand met die identifiseer van befondsing, indien van voorleggings en bestuur van finansiële toekennings.   Lees meer ›

Dr Liela Groenewald bestuur die Doktorale Kantoor. Die kantoor hanteer die strategiese en logistieke komponente van die doktorale proses (vanaf werwing to graadverwerwing). Hierdie kantoor sien ook om na die eksaminering van navorsingsmagisters in die fakulteit, synde ‘n belangrike kanaal na doktorale studies, en na na-doktorale genote.

Lees meer ›

Dr Emmanuel Obasa bestuur die Kantoor vir Navorsingsteun aan Kliniese Assistente (KNKA). Die oogmerk van die KNKA is om ondersteuning te verskaf aan kliniese assistente binne die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe wat navorsing as deel van hulle spesialisasie- (MMed-) en subspesialisasie- (MPhil-) program moet verrig.  ​

Lees meer ›​​​​​​​

Me Inge Sonn bestuur die kantoor vir Voorgraadse Navorsing. Die doel van hierdie kantoor is om voorgraadse studente in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe wat navorsing onderneem, te ondersteun deur navorsingskapasiteit uit te brei, etiekbeoordelings te fasiliteer, en befondsing te verkry.  


Lees meer ›