Tygerberg Doktorale Kantoor
Die Tygerberg Doktorale Kantoor is 'n kragbron vir PhD-studies in die
Matie Fakulteit van Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe - vanaf navorsingsvoorstel tot en met gradeplegtigheid en sukses. Die FGGW tel onder die top 150
opleidingsinstansies
ter wêreld in geneeskunde en geskondheidswetenskappe, en onder die top 4 in Afrika.
Ons kampus is in die skilderagtige
Tygerbergomgewing van Kaapstad, Suid-Afrika geleë. Die kantoor
vervul die sekretariaat-rol van die FGGW Komitee vir Nagraadse Navorsing; bied die US Pre-Doktorale Kortkursus in Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan; hanteer die eksaminering van proefskrifte in (100%) navorsingsmagistergrade; en verskaf omvangryke steun aan alle belanghebbendes by PhD-studies. Ons PhD-steun webblaaie bevat besonderhede oor elke stap in die doktorale proses. 'n Kort oorsig van hierdie hulpbronne is ook in
brosjureformaat beskikbaar. Die spesifieke regulasies wat op doktorale studente van toepassing is, word uiteengesit in die US Jaarboek (Deel 1 - Algemeen) asook in die FGGW
Fakulteitsjaarboek (Deel 12 van die SU Jaarboek). By linktr.ee/tyg_phd word ons doktorale graduandi met trots belig.