Meer oor die Kantoor vir Navorsingskapasiteitsontwikkeling en -befondsing
Die Kantoor vir Navorsingskapasiteitsontwikkeling en -befondsing (KNKB) ondersteun navorsing op twee hoofgebiede. Die kantoor versprei navorsingsbefondsingsgeleenthede en adviseer navorsers en nagraadse studente in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe rakende die geskikste befondingsgeleenthede waarvoor hulle kan aansoek doen. Die KNKB bestuur interne Fakulteitspesifieke navorsingsbefondsing (voor- en nátoekenning), befondsing deur Subkomitee C van die Navorsingskomitee van die Senaat (voor- en nátoekenning) asook nasionale befondsingsagentskappe verbonde aan gesondheidnavorsing (voor- en nátoekenning).
Aktiwiteite vir navorsingskapasiteitsontwikkeling sluit in oriëntering van nuwe Fakulteitspersoneel en nagraadse studente, kursusse in die ontwikkeling van kliniese navorsingsvaardighede, werkswinkels vir die skryf van toelaagaansoeke en meer. Kort navorsingsinligtingsessies oor gekose onderwerpe van belang word deur die kantoor aangebied. Hierbenewens ondersteun die KNKB die verslagdoeningsproses oor jaarlikse navorsingsuitsette in oorleg met die Afdeling Navorsingsontwikkeling.