Medicine and Health Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Transformasie by die FGGW​

Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Sportwetenskappe (FGGW) streef daarna om ’n institusionele kultuur te vestig wat diverse studente en personeel verwelkom, ontwikkel en ondersteun. As ‘n dinamiese entiteit neem ons dikwels die leiding met die uitspreek van ons verbintenis tot transformasie. Ons glo dat ons deur die fasilitering van ‘n reis na positiewe transformasie die waardes ondersteun wat in die Suid-Afrikaanse Grondwet vervat word. 

Ons het oor die afgelope paar dekades heelwat sukses bereik met die bevordering van gesondheid en gelykheid en ons sal voortgaan om leiding te neem wat deur ons verbintenis tot transformasie in dié verband gerugsteun word.

In 2016 het ons die Dekaan se Advieskomitee oor Transformasie (DAKT) in die lewe geroep wat uit studente, personeellede en verteenwoordigers van die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid bestaan. Die DAKT het verskeie inisiatiewe van stapel gestuur om inklusiewe, billike en verwelkomende omgewings oor ons fakulteit se onderrig-, leer- en werksplatforms heen te skep. Voorbeelde is onder meer die Gelykheidskampioene en ons Fakulteitshandves.