Giving at the FMHS
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Skenkings aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe


Welkom by Stellenbosch Universiteit (SU) se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) – 'n plek waar filantropie nie net 'n keuse is nie, maar een van die hoekstene van ons transformasiedoelwitte. By FGGW glo ons dat om die grense van mediese innovering te verskuif, briljante intellek te inspireer en hulp te verskaf aan aspirant-gesondheidslui, moet ons staatmaak op die goedheid en vrygewigheid van individue wat ons passie deel. 

Jou onskatbare bydrae stel ons in staat om die volle potensiaal van ons studente te ontsluit. Hulle is die gesondheidshelde van die toekoms wat in die loop van hulle loopbane duisende mense gaan gesond dokter en hoop gee. Met jou hulp kan ons puik geriewe, uitmuntende navorsingsgeleenthede en lewensveranderende studiebeurse aanbied wat sal verseker dat ons studente groei tot bekwame gesondheidslui met deernis. 

Jou ondersteuning is nie net die skryf van 'n tjek nie, dis die skryf van 'n storie van hoop, veerkragtigheid en genesing in die lewe van ontelbare mense. Saam kan ons 'n storie herskryf en 'n nuwe era van uitmuntende gesondheidsorg inlui. 


FGGW-vertoonvensters

Die FGGW-vertoonvensters is instrumente wat fondsinsamelingsprioriteite uitlig wat ooreenstem met ons vier strategiese temagebiede, en daardeur verseker dat uniforme betrokkenheid by FGGW-fondsinsamelingsprioriteite waarop besluit is deur die Dekaan en onderskryf word deur die Dekaan se bestuurspan. 

Dit bestaan uit vier kwadrant wat die volgende tematiese areas verteenwoordig:

  • Studentetoegang en -sukses
  • Sosiale impak en regverdigheid
  • Navorsing vir Impak
  • Om aan ons toekoms te bou

As deel van die FGGW se fondsinsamelingstrategie word die vertoonvenster gebruik om areas te identifiseer waarin 'n voornemende skenker wil ondersoek en hopelik ondersteun. Sodra 'n area geïdentiseer is, word 'n skenkingsproses geloods. 

Hoewel verskeie prioriteitsareas reeds vir die vertoonvensters geoormerk is, is daar verskeie ander geleenthede binne elke kwadrant. Elke kwadrant kan verder ondersoek word en toegang kan verskaf word tot 'n spesifieke department waarin belangstelling getoon word. 


FGGW-VERTOONVENSTERS

Studentetoegang en -sukses​

Die kweek van bekwame, etiese gesondheidslui wat omgee

  • iTHEMBA-beursfonds
  • Supernumeraries Fund
  • Holistiese ondersteuningsmeganismes ​​​

Om ons toekoms te bou

Eerste wêreldklas geriewe in Afrika

  • Nuwe Tygerberg-hospitaal
  • ISEM- interaktiewe laboratorium
  • Onderrigtegnologie







Navorsing vir Impak

Uitgebreide strategiese internasionale samewerkingsooreenkomste en nasionale en plaaslike vennootskappe. Asook multidissiplinê navorsingsvennootskappe wat ’n beduidende impak maak op gemeenskappe.

  • Navorsingsvoorsitters/li>
  • BMRI-samewerkingsooreenkomste
  • Volgendegenerasie-navorsers

Sosiale impak en regverdigheid

Die fokus is op gelykheid en om ’n verskil te maak in die lewe van die mense wie ons verteenwoordig en bedien

  • Studenteleersentrums
  • Hulpmiddele vir studente buite die kampus (voedselsekerheid, sosiale ondersteuning, geestesgesondheiddienste)
  • ​Krisishulplyn vir studente​