Giving at the FMHS
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Skenkings aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

​​​​

Prioriteitsfondsinsameli​​ngsareas​ 

Aan die hart van die Stellenbosch Universiteit se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe lê die sterk toewyding om 'n verskil te maak in die samelewing en die gemeenskappe wat ons bedien, te bevorder. Hierdie doelwit is gesetel in ons sleuteldoelwitte van onderrig, leer, navorsing en innovering.

Ons huidige ekonomie plaas erge finansiële beperkings op arm en middelklas gesinne en al meer studente het finansiële hulp nodig. Dit beteken dat 'n groot deel van ons studente met finansiële uitdagings is nie by magte is om hulle studies te voltooi nie. Om inklusiewe toegang tot gehalte-onderrig te bevorder, bied die Fakulteit en die iThemba-beursinisiatief ondersteuning aan verskeie studente, hoewel nog baie meer hulp nodig is.

Deur u ondersteuning en ons toewyding tot fokusareas, kan ons saam 'n betekenisvolle verskil maak in die gemeenskappe wat ons bedien, sowel as in die mediese en gesondheidswetenskapbedryf.

Studentetoegang en -suks​​es 

'n Algemene penarie wat deur baie van ons studente in die gesig gestaar word, is om studiegeld of bestaande studieskuld te betaal. Studente wat nie staatsgesteunde ondersteuning kan kry nie, is in 'n finansiële dilemma. Om hierdie probleem aan te spreek, is die FGGW IThemba-beursfonds in die lewe geroep om studente te ondersteun wie se studies in gedrang is oor geldelike probleme. ​​ 

Ons universiteit tel onder Afrika se top-vyf universiteite, en baie studente van oral oor die kontinent wil aan die SU studeer. Baie van hierdie studente ontvang eksterne beurse of toelaes om aan SU te studeer. Hierdie beurse is egter in die meeste gevalle nie genoeg om lewenskoste, vervoer en maaltye te dek vir die student se studietydperk in Suid-Afrika nie. Ingevolge neem hierdie studente dikwels hoërentelenings uit wat onafwendbaar is as gevolg van hulle botallige status. Supernumeraries is studente wat gemeenskapsdiens doen sonder om betaal te word. Om hierdie probleem aan te spreek, is die Supernumeraries-fonds​ gestig hierdie studente se spesifieke behoeftes aan te spreek en fondse word toegeken nadat elke geval individueel ondersoek word.


Hoe jy kan help

Die FGGW iThemba-beursfonds 

Jaarlikse skenkings van R18 000 dek een student vir die begin of voltooiing van sy/haar studies. 

Die Supernumeraries-fonds​

Hierdie fonds verskaf bykomende finansiële steun aan Afrika-studente met betrekking tot akkommodasie, vervoer en voeding om te help keer dat hulle in skuld verval; elke geval word afsonderlik beoordeel. Genoegsame bydraes wissel tussen R10 000 en R100 000 van individuele skenkers en R5 miljoen van organisasies.

Holistiese ondersteuningsmeganism​es

Hierdie soort ondersteuning verskaf voldoende voeding, higiëneprodukte of skryfbehoeftes, studenteberading en ondersteuning vir geestesgesondheid. Skenkings van tot R10 000 is aanvaarbaar en word in die Jaarlikse fonds gestort.

Om ons toekoms te ​bou

Om 'n toekoms te skep wat ons verlang, moet ons daarin belê, en daaraan bou. Dus is ons daaraan toegewy om fondse in die samel vir die infrastruktuurontwikkeling van ons strategiese kennissentrums om wêreldklas mediese navorsing en oplossings vir Afrika te bevorder.

Navorsing vir I​​mpak

Navorsing vir Impak is een van die Universiteit se ses institusionele strategiese temas​. Dit vereis 'n sensitiewe balans tussen kontinuïteit en konsekwentheid sowel as die transformasie en verbetering van die universiteit se navorsingskorps. Terselfdertyd strewe ons daarna dat ons navorsing sosiaal relevant is, wat beteken dis nie net gemik op akademiese sukses nie, maar ook 'n betekenisvolle impak op Afrika en die res van die wêreld.

​Een manier om navorsing te bevorder, is the stigting van Navorsingsvoorsitters. Tans is daar 49 voorsitters aan SU, waarvan 18 deur die bedryf befonds word. Die FGGW borg 11 Navorsingsvoorsitters, van wie 7 deel vorm van die South African Research Chairs Initiative Suid-Afrikaanse Navorsingsvoorsitterinisiatief wat befonds word deur die  departement van wetenskap en tegnologie deur die Nasionale Navorsingstigting (NRF).

Navorsingsvoorsitters versterk en verbeter navorsing en innovasiemededinging en kapasiteit en help  om gehalte- nagraadse studente te slyp en verhoog innovasie-uitsette. Die Voorsitter vind en behou ook uitstekende en hoogs aangeskrewe navorsers en wetenskaplikes in verskeie velde. Om 'n navorsingsvoorsitter te bestuur vereis ongeveer R3,5 miljoen elke jaar om operasionele koste te dek.

Navorsingsvoorsitter​​ van rekonstruktiewe chirurgie

Die FGGW wil 'n Navorsingsvoorsitter vir rekonstruktiewe chirurgie aanstel en benodig fondse ten bedrae van R60 miljoen.

Samewerkingooreenkomste met die Instituut vir Biom​ediese Navorsing (BMRI)

Die instituut is daartoe gewy om die genetiese en biomolekulêre basis van siektes te verstaan wat die grootste gevare vir gemeenskappe in Suid-Afrika en die res van Afrika inhou. Ons is op soek na private-openbarevennootskappe om die BMRI te ondersteun.

Volgendegenerasienavors​ers

Ons wil graag nagraadse en doktorale navorsingstudente van uitsonderlike gehalte produseer deur ons Volgendegenerasienavorsersplatform wat gestig is om 'n integrale rol te speel in die volgehoue verbetering van gesondheidsorg en om die sosiale en ekologiese bepalings van siektes aan te spreek.

Sosiale im​pak en geregtigheid

Suid-Afrika is wêreldwyd een van die sosiaal ongelykste lande. Die vorige regime het enorme ekonomiese verskille afgedwing, spesifiek op anderskleuriges. Dit het 'n voortgesette negatiewe uitwerking op diegene wat gemaklik leef en diegene wat sukkel om kop bo water te hou.

'n Groot deel van ons studente is van voorheen benadeelde agtergronde en algemene sosiale probleme sluit in angstigheid ná blootstelling aan onbekende omgewings wat kultureel verskil van hoe hulle grootgeword het. Studente ly ook aan voedseltekorte as gevolg van te min fondse en dit kan lei geestesprobleme, verlaagde akademiese prestasie en 'n negatiewe impak op hulle algemene welstand.

Om hierdie uitdagings die hoof te bied het die FGGW en die groter SU-netwerk inisiatiewe soos #BridgetheGap en #Move4Food op die been gebring wat deur ons Jaarlikse fonds ondersteun word en ontvang graag enige soort skenkings.  

Studentele​​ersentrums

Wanneer student die Tygerberg-kampus verlaat om internskappe in gemeenskappe te doen, het hulle dikwels beperkte toegang tot inligtings- en kommunikasietegnologie. Die studenteleersentrums bied aan hierdie studente toegang tot leergeriewe met inligtingsondersteuning. Ons ontvang graag skenkings van R10 000 en meer.  

Krisishulplyn vir studen​te

In 'n poging om geestesprobleme te verlig wat deur vele van ons studente in die gesig gestaar word, het die FGGW 'n ondersteuningshulplyn op die been gebring. Die platform bring studente in aanraking met gekwalifiseerde gesondheidsorgwerkers en nooddienste vir bystand in 'n krisis. Ons het volgehoue ondersteuning nodig om dit aan die gang te hou.

Psigososiale o​ndersteuning

Hierdie inisiatief poog om kos te verskaf aan Tygerberg-studente wat voedseltekorte ondervind. Ons aanvaar skenkings van tot R1000 vir hierdie inisiatief.