Giving at the FMHS
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Skenkings aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe


Maak 'n skenking​

 

Samewerkingsooreenkomste ​​met BMRI

Die instituut is daartoe gewy om die genetiese en biomolekulêre basis van siektes te verstaan wat die grootste gevare vir gemeenskappe in Suid-Afrika en die res van Afrika inhou. Ons is op soek na private-openbarevennootskappe om die BMRI se funksies te ondersteun.​ 

FGGW-Ithemba-beursfonds (QR-kode)


Jaarlikse skenkings van R18 000 dek een student vir die begin of voltooiing van sy/haar studies. Klik hier​ om 'n skenking te maak.

​​​
Volgendegenerasienav​orsers

Ons wil graag nagraadse en doktorale navorsingstudente van uitsonderlike gehalte produseer deur ons Volgendegenerasienavorsersplatform wat gestig is om 'n integrale rol te speel in die volgehoue verbetering van gesondheidsorg en om die sosiale en ekologiese bepalings van siektes aan te spreek.

Klik hier​ om 'n skenking te maak.

Krisishulplyn vir studen​​te

In 'n poging om geestesprobleme te verlig wat deur vele van ons studente in die gesig gestaar word, het die FGGW 'n ondersteuningshulplyn op die been gebring. Die platform bring studente in aanraking met gekwalifiseerde gesondheidsorgwerkers en nooddienste vir bystand in 'n krisis. Ons het volgehoue ondersteuning nodig om dit aan die gang te hou.
Klik hier​ om 'n skenking te maak. 

Psigososiale onders​teuning

Hierdie inisiatief poog om kos te verskaf aan Tygerberg-studente wat voedseltekorte ondervind. Ons aanvaar skenkings van tot R1000 vir hierdie inisiatief.
Klik hier​ om 'n skenking te maak. 

Navorsingsvoorsitte​rs

Navorsingsvoorsitters versterk en verbeter navorsing en innovasiemededinging en kapasiteit en help om gehalte- nagraadse studente te slyp en verhoog innovasie-uitsette. Die FGGW wil 'n Navorsingsvoorsitter vir rekonstruktiewe chirurgie aanstel en benodig fondse ten bedrae van R60 miljoen.
Klik hier​ om 'n skenking te maak. 

Studenteleersentr​ums

Wanneer studente die Tygerberg-kampus verlaat om internskappe in gemeenskappe te doen, het hulle dikwels beperkte toegang tot inligtings- en kommunikasietegnologie. Die studenteleersentrums bied aan hierdie studente toegang tot leergeriewe met inligtingsondersteuning. Ons ontvang graag skenkings van R10 000 en meer. 
Klik hier​ om 'n skenking te maak.

Supernumaries ​Fund

Hierdie fonds verskaf bykomende finansiële steun aan Afrika-studente met betrekking tot akkommodasie, vervoer en voeding om te help keer dat hulle in skuld verval; elke geval word afsonderlik beoordeel. Genoegsame bydraes wissel tussen R10 000 en R100 000 van individuele skenkers en R5 miljoen van organisasies.
Klik hier​ om 'n skenking te maak. 

Holistiese ondersteuningsmeganis​mes

Hierdie soort ondersteuning verskaf voldoende voeding, higiëneprodukte of skryfbehoeftes, studenteberading en ondersteuning vir geestesgesondheid. Skenkings van tot R10 000 is aanvaarbaar en word in die Jaarlikse fonds gestort.

Klik hier​​ om 'n skenking te maak. ​