Choir
Welkom by Universiteit Stellenbosch

UNIVERSITEITSKOOR STELLENBOSCH MPUMALANGA & GAUTENG TOER 2022

​​​​​​​US Koor-toer_Sept 2022_insta posts_Afr.png​​

Die Universiteitskoor Stellenbosch toer uiteindelik weer

 

“Hulle sing met soveel beheer en presisie. Hulle is die Mercedes Benz van kore." – sanger en The Voice-deelnemer Sabelo Mthembu

 

“Met die eerste noot het my mond al oopgehang. Wat hulle (en veral die koorleier) regkry, is absoluut ongelooflik. Die deursneepersoon het geen benul hoe moeilik dit is om 'n groot groep so fantasties saam te laat klink nie, en dit boonop nog a capella." – sanger en musikant Jay Nova

 

“Die beste ding van die koor is vir my die verstommende diversiteit. Jy kan sien dat elke koorlid uniek is en 'n storie het om te vertel." – Noah Cox

 

Dit is van die kommentare op YouTube waar die Universiteitskoor Stellenbosch se weergawe van FUN se “Some Nights" reeds meer as 1.8 miljoen keer gekyk is.

 

Vir die US Koor, wat sedert 2012 nommer een op die Interkultur-ranglys van 'n 1 000 internasionale kore is, is hierdie klas van gewildheid op YouTube niks nuuts nie. Hulle vertolking van John Legend se “All of Me" is al meer as 3 miljoen keer gekyk en Mnr. Legend het op Twitter sy entoesiasme oor hulle uitvoering van sy lied gedeel. Die koor se weergawe van Christopher Tin se “Baba Yetu" trek al by 8 miljoen kyke.

 

En nou, ná twee frustrerende pandemiejare, kan die koor uiteindelik weer met hulle aansteeklike vreugde en inspirerende musiek op konserttoer gaan. Die US Koor, wat sedert 2003 deur André van der Merwe gelei word, sal gedurende September in Gauteng en Mpumalanga optree, maar voor hierdie konserte gaan hulle die eerste keer in Nigerië op die verhoog wees waar hulle by die begrafnis van prinses Margaret Obaigbena, op uitnodiging van haar seun die hertog Nduka Obaigbena, gaan sing.

André van der Merwe sê hy ly aan bomskok oor hierdie verrassende geleentheid: “Dit is die eerste keer in my 20 jaar by dié koor dat die hele koor genooi word om oorsee op te tree en alle uitgawes deur die gasheer gedek word."

 

Die uitnodiging van Nduka Obaigbena het gekom nadat hy op Google gesoek het na die beste koor in Afrika.

 

In Asaba, waar die begrafnis van 18 tot 21 Augustus plaasvind, sal die US Koor verwerkings van die isiXhosa Paasgesang “Indodana" en immergroen Suid-Afrikaanse liedjies soos “Pata Pata" en “Weeping" sing.

 

Hierdie werke sal ook op die plaaslike konserttoer uitgevoer word – in die Sudwala-grotte (Mbombela, 6 September), die ERT: Etienne Rousseau Teater (Sasolburg, 8 September), WITS Linder Ouditorium (Johannesburg, 9 September) en die Soweto Teater (10 September).

Daarbenewens sal nuwe verwerkings van ikoniese liedjies deur Lady Gaga (“Always Remember Us") en U2 (“I Still Haven't Found What I'm Looking For") asook geliefde geestelike liedere soos “He's Got the Whole World in His Hands", “Poor Wayfaring Stranger" en “Elijah!" op die program wees.

​​​ 

 KLIEK HIER OM JOU KAARTJIES TE KOOP:


                                                         

Poster_ Sudwala.pngERT_ Poster.png 

                            ​Kaartjies ​beskikbaar by:    www.quicket.co.za                           Kaartjies beskikbaar by: www.ertickets.com  



                  Linder_ Poster.pngSoweto_ Poster.png              

                            Kaartjies beskikbaar by:   www.quicket.co.za                            Kaartjies beskikbaar by: www.webtickets.co.za​



 Vir meer inligting kontak​: sing@sun.ac.za