Welcome
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Sluit aan by 'n Luister-, leer- en leefgemeenskap

​​​​​ALLE STELLENBOSCH-KLUSTERS ONTMOET OP VRYDAG 20 JANUARIE VAN 08:00 – 12:00


Nuwelingstudente sluit aan by 'n kampus wat in luister-, leer- en leefgemeenskappe (LLL) verdeel is. Al die klusters, koshuise, Privaatstudente-organisasies vir nie-koshuisstudente (PSO-wyke), mentorgroepe, tutorgroepe, en die luister-, leer- en leefhuise vir senior studente maak deel uit van LLL. Die doel van LLL is om die ervaring buite die klas en die ervaring in die klas te integreer om akademiese sukses en 'n goed afgeronde opvoeding vir studente te verseker.


Klusters

'n Kluster bestaan uit 'n aantal koshuise wat geografies na aan mekaar geleë is sowel as een of twee PSO-wyke. Klusters speel 'n belangrike rol in die integrasie en ondersteuning van nuwelingstudente op kampus, en verseker dat studente die Universiteit as 'n plek van omgee en koestering ervaar. Klusters integreer ook die universiteitservaring van koshuisstudente, dagstudente en studente in privaat huisvesting.

​Mentors word aangestel om nuwelingstudente met hul aanpassing by die universiteitslewe te help en word in klusterverband toegeken. Vind so gou moontlik uit wie jou mentor is. Klusters word toenemend gebruik om die Universiteit te organiseer, bv sommige fakulteite maak reeds van klusters gebruik as grondslag waarop vaktutorgroepe gevorm word. Die koshuise en PSO-wyke behoort tot een van ses klusters op Stellenbosch-kampus. Tygerberg-kampus maak 'n sewende kluster uit.

 

Klusterbyeenkoms (Stellenbosch-kampus)

Studente (koshuis én PSO) kom van 09:00 – 13:00 op Saterdag 27 Januarie in hul klusters byeen waar hulle sal leer hoe hulle sosiale inskakeling by die Universiteit ook hul akademie kan ondersteun. Studente ontmoet ander in hul kluster wat in dieselfde rigting studeer en leer hoe hulle by die ResEd-inisiatief kan inskakel sowel as hoe mentors hulle kan help. Boonop word hulle bekendgestel aan die akademiese steungroepe aan die Universiteit, soos die Eerstejaarsakademie (EA) en die Akademiese Belangeraad (ABR).

 

Hoe kan PSO-studente inskakel?​

Alle studente wat nie van die universiteit se koshuisverblyf gebruikmaak nie is outomaties lede van ʼn Privaatstudente-organisasie (PSO) van die universiteit – omtrent 70% van die Universiteit se studente. Hierdie studente is in verskillende PSO-wyke ingedeel wat vir hul al die geleenthede tot suksesvolle sosiale en akademiese inskakeling op kampus bied.

​Die PSO-wyk verskaf nie behuising aan lede nie, maar PSO-studente kan o.a. hul studentekaarte gebruik om etes by ʼn oop-koshuis-eetsaal in hul spesifieke kluster te bespreek en geniet. Binne hul PSO-wyk word ʼn mentor aan elke nuwe student toegeken wat hul met alle prosesse kan bystaan.

Daar is tien PSO-wyke op Stellenbosch-kampus en een op Tygerberg-kampus. Nuwelingstudente word volgens die plasingsbeleid by PSO-wyke ingedeel. Studente word per e-pos in kennis gestel van die spesifieke PSO-wyk waarby hulle ingedeel is asook inligting rakende die PSO-verwelkomingsprogram en waar hul ontmoet tydens verwelkoming.

 

Klusters​

'n Kluster bestaan uit spesifieke PSO-wyke en koshuise. Die PSO-wyk waarby die student ingedeel is, bepaal ook die kluster waaraan daardie student behoort. Indien jy geen inligting oor jou PSO-indeling ontvang het nie, kontak gerus die Kliёntediens by tel 021 808 9111 of info@sun.ac.za.


KlusterBestaande uit:
amaMatiesErica, Helderberg, Huis Neethling, Nemesia, Serruria en die PSO-wyke Equité en Libertas
RubixHeemstede, Metanoia, Nerina en die PSO-wyke Pieke en Venustia
TygerbergHippokrates, Huis Francie van Zijl, Huis Ubuntu, Kerkenberg, Meerhoff en die PSO-wyk Osler
ValidusAcademia, Botmashoogte, Concordia, Goldfields, Huis MacDonald, Huis Marais, Huis Visser, ISA, Lobelia, Nooitgedacht, Simonsberg en die PSO-wyk Olympus
VicMeyrDagbreek, Huis ten Bosch, Lydia, Majuba, Minerva en die PSO-wyk Aurora
VictoriaHarmonie, Huis de Villiers, Monica, Wilgenhof en die PSO-wyke Oude Molen en Silene
WimbledonEendrag, Helshoogte, Irene, Huis Russel Botman, Sonop en die PSO-wyke Aristea en Vesta​

Ontmoet jou kluster hier:

Kluster/ ClusterPlek / Venue
amaMaties
Gras voor Erica, Nemesia en Serruria Dameskoshuise
Lawn in front of Erica, Nemesia and Serruria Ladies Residences​
Rubix

Gras voor Nerina Dameskoshuis
Lawn in front of Nerina Ladies Residence​

ValidusLentelus Sportgronde en Goldfields 
Lentelus Sport grounds and Goldfields
VicMeyrDagbreek se quad
Quad at Dagbreek
VictoriaOntmoet by Wilgenhof
Meet at Wilgenhof
WimbledonElke koshuis ontmoet by hulle onderskeie koshuise en PSO's by die HUB waar hul deur die mentors na die verskillende venues begelei sal word.
Each residence or PSO meet at their respective residence or PSO HUB and from there the mentors will take them to the different venues.