In hierdie nuwe en opwindende fase van jou lewensreis kan jy op ons ondersteuning staatmaak. Lees 'n verwelkomingsboodskap van die Rektor en Visekanselier, prof Wim de Villiers.
Om jou sommer vinnig te laat tuis voel, het ons 'n verwelkomingsprogram oor alle aspekte van die lewe by die universiteit saamgestel. Vind meer uit oor die program.
Die Universiteit Stellenbosch bied op Donderdag 24 Januarie 2019 'n verwelkomingsgeleentheid vir jou en jou ouers/voogde by die Danie Craven-stadion aan. Vind meer uit oor die program.
Jou ouers/voogde sal die geleentheid ontvang om die dekaan en personeellede van jou fakulteit te ontmoet en ’n voorsmaak van jou akademiese reis te kry. Vind meer uit oor die program.
As jy nie in ’n koshuis woon nie en gedurende die verwelkomingstydperk vervoer benodig, kan jy van die gratis vervoerdiens gebruik maak. Vind meer uit oor die vervoerrooster.