By die Universiteit Stellenbosch is ons daartoe verbind om jou heelpad tot by gradedag te ondersteun. Van voorligting en skryfadvies tot voorsiening in ’n spesiale leerbehoefte, vind meer uit oor die dienste tot jou beskikking.
Die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling bied ’n wye verskeidenheid steundienste om jou persoonlike en akademiese doelwitte te help bereik. Besoek hulle webblad vir meer oor hulle dienste.
Met die hulp van kenners by die Skryflab is jou werksopdragte in ’n japtrap kant en klaar. Die Skryflab se kundige personeel bied advies oor jou werksopdragte. Gaan na die Skryflab se webblad om meer oor hulle skryfkonsultasies uit te vind.
Die Eenheid vir Gestremdhede bied en koördineer steundienste vir jou spesifieke behoeftes. 'n Inligtingsessie sal op 24 Januarie 2019 gehou word. Laai die program af. Besoek die webblad om meer uit te vind.
Verskeie mediese praktisyns en verpleegkundiges is byderhand om na jou gesondheidsbehoeftes om te sien. Gaan na die webblad van die Kampusgesondheidsdiens vir meer oor hulle diensaanbod of hoe om ’n afspraak te maak.
Jy kan in ’n aangewese area vir studentetoegang op jou persoonlike rekenaar by die Universiteit Stellenbosch se netwerk aansluit. Gaan na die webblad van Inligtingstegnologiesteun om uit te vind hoe dit werk.
Die Universiteit Stellenbosch Biblioteek – die enigste ondergrondse een in Afrika – bied studieruimte en toegang tot akademiese materiaal. Laai die biblioteekoriënteringsprogram vir 2019 af, of gaan na hulle webblad.
Die primêre verantwoordelikheid van die Akademiese Belangeraad is om u akademiese aangeleenthede as student te verteenwoordig en te beskerm.
Kampussekuriteit is ʼn diensafdeling wat alle studente, personeel en besoekers bystaan ten einde ʼn veilige omgewing vir die universiteitsgemeenskap te skep.