Welcome
Welkom by Universiteit Stellenbosch

PSO-vervoer

Die studente wat deel vorm van 'n Privaat Studente Organisasie (PSO), word aangemoedig om by die verwelkomingsprogram van hul betrokke PSO in te skakel. Aangesien die programme saans eindig, word 'n gratis vervoerdiens aan PSO-studente beskikbaar gestel om hul veilig tuis te besorg. 

Die vervoerdiens vertrek stiptelik om 19:00 en 21:00 vanaf die PSO-hub, Bosmanstraat 11, Stellenbosch en sal studente veilig in Stellenbosch, en by spesifieke sentrale punte in omliggende areas, besorg.

  • Die punte waar studente afgelaai kan word, is die volgende:
  • SAPD-kantore: Bellville, Kuilsrivier, Althone, Mitchells Plain, Paarl, Somerset-Wes en Kayamandi
  • De Zalze Golflandgoed, Stellenbosch (hek)
  • Paradyskloof, Stellenbosch (Engenvulstasie)
  • Sonnebloemstraat, Idasvallei, Stellenbosch (Brent Oilvulstasie)
  • Welgevonden, Stellenbosch (hek)
  • Langstraat 87, Cloetesville, Stellenbosch (Engenvulstasie)
  • Stellenbosch sentrale area, Stellenbosch

 Hierdie vervoerdiens is slegs beskikbaar tydens die verwelkomingsperiode (23 Januarie – 02 Februarie 2019). Studente moet asseblief vooraf, teen 18 Januarie 2019, aandui of hul van die diens gebruik wil maak, asook watter aflaaipunt betrokke is. 

Dit kan aan die spesifieke Huiskomitee of aan die PSO-kantoor by pso@sun.ac.za deurgegee word.