
Aansoek: Assesseringstoegewings vir toetse en eksamens
-
1. Aansoekdatums vir assesseringskonsessies:
Eerste semester begin
Maandag 13 Januarie 2025 en eindig
Vrydag 21 Februarie 2025.
Tweede semester begin
Maandag 21 Julie 2025 en eindig
Vrydag 1 Augustus 2025.
-
2. Prosedure om aansoek te doen, of ’n versoek te rig, vir assesseringskonsessies:
2.1 Lees die handleiding (Student Guide – How to raise an exam concession and view concession letter >>) oor hoe om ’n assesseringskonsessieversoek op SUNStudent te rig.
2.2 Druk die Vorm vir Praktisyns >> en stuur dit aan jou praktisyn om te voltooi. Sodra dit voltooi is, voeg dit by die betrokke verslae van jou mediese praktisyn / sielkundige / oogarts.
2.3 Hou by die aansoektydperke hierbo aangesien geen laat aansoeke deur SUNStudent opgelaai kan word nie.
2.4 Kontak concessions@sun.ac.za >> vir bystand.
Tygerbergkampus
Volg 2.1, 2.2 en 2.3 hierbo. Kontak jou fakulteit se studentesteunbeampte of
concessions@sun.ac.za >>
vir bystand.