Student Societies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Meer Oor


​​​​


Die Verenigingsraad is 'n Artikel 3-liggaam deur die Studentegrondwet gestig met die heilige taak om die regte van studente te beskerm soos vervat in die Handves van Studenteregte. Die Verenigingsraad is veral toevertrou met die regte om vryheid van godsdiens, geloof, mening, spraak en die vryheid van assosiasie te beskerm. Die Verenigingsraad is 'n eiesoortige struktuur onder sy Artikel 3-eweknieë siende dat dit die enigste liggaam is wat sy lede deur vrywillige assosiasie verwerf. 

Die Verenigingsraad bestaan uit Voorsitters van alle geregistreerde en erkende studenteverenigings, asook 'n verteenwoordiger wat deur elke vereniging se voorsitter aangestel word. Hierdie liggaam is die hoogste besluitnemingstruktuur vir alle sake wat met die bestuur van Verenigings verband hou. Die Verenigingsraad beskerm en verdedig die regte van studente en studenteverenigings. Dit verteenwoordig ook die stemme en belange van studenteverenigings op die Studenteverteenwoordigingsraad se beheerliggaam en by die bestuur van die universiteit. Die Verenigingsraad verskaf 'n platform vir interaksie tussen verenigings en die hulpbronne wat nodig is vir verenigings om hul werk te doen. Die Raad koördineer en struktureer studenteverenigings om te verseker dat hulle welslae bereik. Verenigings is belangrik om studente se ervarings te verryk en dra ontsaglik baie by tot die lewe van baie studente deur vir hulle 'n plek te gee waar hulle inpas, en hulle steun, beroepsvoorligting, ontspanningsontwikkeling en baie meer ontvang.  

Visie: Die Verenigingsraad streef om 'n Verenigingsraad te vestig wat selfonderhoudend en doeltreffend is, met groter sigbaarheid op kampus en 'n Verenigingsraad wat knap studenteleiers oplewer. Dit streef verder om die Verenigingsraad as platform te gebruik om integrasie op kampus te verbeter deur middel van veelsoortige samewerkingsooreenkomste en vennootskappe in die strewe na 'n verrykte studente-ervaring.

 Missie: Die Verenigingsraad bied 'n platform wat studenteleiers met vaardighede toerus en aan hulle die steun bied wat hulle nodig het om hul onderskeie gemeenskappe bekwaam te lei, hul vaardighede te diversifiseer en interaksie onder gemeenskappe te verbeter.

Jou huis weg van die huis

Uitvoerende Komitee van die Verenigingsraad 2021/2022:​


Chairperson

Tamara Wicomb 

t​wicomb@sun.ac.za



Vice-Chairperson 

Angelique Daniels 

20746202@sun.ac.za


Kim Stoffels 

Financial Advisor and Interim Secretary 

24048437@sun.ac.za ​



Chief Admin Officer 

Sinegugu April 

21743339@sun.ac.za



Registrar

Akhona Shabangu

21974616@sun.ac.za​