Welcome
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Rekenaargebruikersareas

​​​
​Studente registreer ook by die rekenaargebruikersareas.

Om te kan registreer:

  • ​moet jy kennis neem van die Universiteit se Elektroniese Kommunikasiebeleid;
  • moet jy reeds as 'n student geregistreer wees;
  • moet jou studentekaart geaktiveer en gemagnetiseer wees en moet jy jou kaart by jou hê;
  • het jy jou studentenommer nodig;
  • het jy die brief of sms met jou wagwoord nodig wat aan jou gepos is; en
  • MOET jy jou studentenommer en jou ID nommer ken

REKENAARS OP KAMPUS

  • Studente kan hulle eie rekenaars aan die Universiteit se kampusnetwerk koppel, onderworpe aan sekere voorwaardes.
  • Vir alle rekenaar- en IT-verwante inligting, besoek asseblief ons webtuiste by ITHUB of stuur 'n e-pos na helpinfo@sun.ac.za.

Om lang toue te vermy, is daar ook 'n self-registrasie-proses vir alle privaatrekenaars. Vir meer inligting volg asb hierdie skakel.