​​ ​​FAKULTEITSPROGRAM EN RAAMWERK VAN DIE VERWELKOMINGSPROGRAM

Alle nuwelingstudente en hul ouers (MB, ChB, BSc in Fisioterapie, en BSc in Dieetkunde) word vriendelik genooi om by die volgende aktiwiteite in te skakel (vir ouers, slegs Donderdag 19 Januarie).

LET WEL: Studente in die programme B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie en B in Arbeidsterapie skakel saam met hul ouers by die program van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe op die Stellenbosch-kampus in, tensy anders aangedui.

Let asseblief daarop dat die verwelkomingsgeleentheid om 18:00 (informele program vir studente begin reeds om 17:30) op Donderdag 19 Januarie nie op die Tygerberg-kampus plaasvind nie, maar by die Danie Craven-stadion op Stellenbosch. Nuwelingstudente van Tygerberg-kampus en hulle ouers word versoek om hierdie geleentheid by te woon na afloop van die dag se program op die Tygerberg-kampus. Vir diegene wat nie vervoer het nie, sal daar busvervoer van Tygerberg-kampus na Stellenbosch en terug gereël word. ​
Navrae: 

Farah Fredericks, tel 021 938 9379

Sandra Josias, tel 021 938 9789

LET WEL:  Donderdag 19 Januarie
15:00 – 16:00              Studente in die programme B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie en B in Arbeidsterapie skakel saam met hul ouers by die program van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe op die Stellenbosch-kampus in, tensy anders aangedui. 
 Ouers EN NUWELINGSTUDENTE ontmoet die Uitvoerende Hoof, Interdissiplinêre Gesondheidswetenskappeprof Usuf Chikte
PlekLesinglokaal 309 (Spraakterapie) en 310 (Arbeidsterapie), Sportwetenskap-gebou, Coetzenburg (Stellenbosch-kampus)
DONDERDAG 19 JANUARIE
08:30 – 10:00              Verwelkoming van ouers en nuwelingstudente deur die Dekaan: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, die Tygerberg-studenteraadsvoorsitter en ander rolspelers in die Fakulteit
PlekTygerberg Sportsaal (nr 10 op die kaart)
10:00 – 11:00Ontmoeting van ouers en nuwelingstudente met onderskeie programkoördineerders van MB, ChB, BSc in Fisioterapie en BSc in Dieetkunde
Plek

MB, ChB: Lesinglokaal 11

Fisioterapie: Lesinglokaal 5

Dieetkunde: Lesinglokaal 1

Onderwysgebou (nr 2 op die kaart)

Besoek gerus tussen 11:00 en14:00 die studenteverenigings se uitstalling in die Tygerberg Studentesentrum wanneer u nie by een van die onderstaande sessies betrokke is nie.

Daar is 'n kafeteria in die Tygerberg Studentesentrum en 'n koffiewinkel wat ligte etes in die Kliniese-gebou bedien. Daar is ook ʼn kiosk in die Onderwysgebou.

11:00 – 12:30Verken Tygerberg – ʼn kampustoer vir eerstejaarstudente van Hippokrates en Meerhoff, en hul ouers
PlekMeld aan op die Hippokrates grasperk (nr 4 op die kaart)
11:00 – 12:30Osler*-studente en hul ouers ontmoet Osler-komiteelede
PlekLesinglokaal 11, Onderwysgebou
12:30 – 14:00              Verken Tygerberg – ʼn kampustoer vir eerstejaarstudente van Huis Francie van Zijl en Huis Kerkenberg, en hul ouers
PlekMeld aan op die Hippokrates grasperk
12:30 – 14:00              Sessie vir ouers van Hippokrates- en Osler-     eerstejaarstudente oor studente-ondersteuning op die Tygerberg-kampus
PlekLesinglokaal 11, Onderwysgebou
14:00 – 15:30              Verken Tygerberg – ʼn kampustoer vir eerstejaarstudente van Osler, en hul ouers
PlekMeld aan op die Hippokrates grasperk
14:00 – 15:30              Sessie vir ouers van Huis Francie van Zijl-, Meerhoff- en Huis Kerkenberg-eerstejaarstudente oor studente-ondersteuning op die Tygerberg-kampus
PlekLesinglokaal 11, Onderwysgebou
15:30                           

Busse vertrek na Danie Craven-stadion, Stellenbosch

 

17:30 – 18:00              Informele program
18:00 – 19:00             AMPTELIKE VERWELKOMING
 Verwelkoming deur die Rektor vir nuwe studente en hul ouers (verpligtend vir alle nuwe studente)
PlekDanie Craven-stadion (nr 33 op die Stellenbosch-kampuskaart)
 Indien jy van jou eie vervoer gebruik maak, neem asseblief die verkeersdruk in Stellenbosch, parkering, sowel as stapafstand van jou geparkeerde motor tot by die stadion in ag. Gemaklike klere en skoene word aanbeveel.
*Osler verwys na die Privaat Studente Organisasie (PSO) op Tygerberg-kampus, met ander woorde studente wat nie in koshuise tuisgaan nie.
VRYDAG 20 JANUARIE
Let wel ʼn Moslem-gebedskamer is beskikbaar op Tygerberg-kampus by die TSS, op die 2de vloer. 
09:00 – 11:30              Registrasie (slegs daardie eerstejaars wat nie self via http://www.maties.com kon registreer nie) en neem van foto's vir studentekaarte (alle eerstejaars)
09:00 – 09:30             Huis Francie van Zijl
09:30 – 10:00              Huis Kerkenberg en Meerhoff
10:00 – 10:30             Hippokrates
10:30 – 11:30             Osler
PlekSoos aangedui in registrasie-inligtingstuk
12:00 – 16:00              GERGA-oriëntering (verpligtend: alle eerstejaars)
12:00 – 12:45              Hippokrates
13:00 – 13:45              Huis Francie van Zijl
14:00 – 14:45              Huis Kerkenberg en Meerhoff
15:00 – 15:45              Osler
PlekGERGA, 3de vloer, Onderwysgebou
Let wel: Alle studente op Tygerberg-kampus word sterk aangeraai om hul eie elektroniese toestelle (bv skootrekenaars of tablette) te voorsien vir akademiese doeleindes, ingesluit assesserings. Vir meer inligting oor die "Bring-Your-Own-Device (BYOD)"-stelsel, besoek gerus www.sun.ac.za/byod.
14:00 – 16:00              Registrasie van nuwelingstudente vir die B in Arbeidsterapie- en B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie-programme wat nie self kan registreer nie
PlekLokaal 3008 (kantoor van me Z Jansen), Administrasie A (nr 1 op die Stellenbosch-kampus kaart), Stellenbosch
SATERDAG 21 JANUARIE
Algemene en sosiale inskakeling soos gereël deur koshuise en Osler PSO. ​
MAANDAG 23 JANUARIE
08:00 – 16:00              Akademiese oriëntering: 'n Inleiding tot jou graad
 Verwelkoming (prof Julia Blitz, Visedekaan: Leer en Onderrig en me Ilana van Niekerk, Voorsitter: Tygerberg Akademiese Belangeraad)
Plek  

Verskillende programme en aktiwiteite word in groepsverband aangebied

Lesinglokaal 11, Onderwysgebou

 Dit word van studente verwag om professioneel geklee* te wees, aangesien van die aktiwiteite besoeke aan pasiënte in die hospitaal insluit.
DINSDAG 24 JANUARIE
Algemene en sosiale inskakeling soos gereël deur koshuise en Osler PSO. ​
WOENSDAG 25 JANUARIE
09:00 – 12:00              Wat eerstejaars moet weet – ʼn interaktiewe leerervaring.
PlekTygerberg Sportsaal
09:00 – 16:00              Verpligte sessie vir B in Arbeidsterapie-studente op Tygerberg-kampus
PlekLokaal 1018, Afdeling Arbeidsterapie, Onderwysgebou
12:30 – 14:00              Tutor-mentor-bekendstelling en middagete
PlekLesinglokaal 11, Onderwysgebou
14:00 – 15:30              Akademiese Administrasie
 

·        Opneem van toelatingsbewyse (2 afskrifte van Matrikulasie-uitslagadvies, 2 afskrifte van toepaslike identifikasiedokumente**, en kliniese besoekvorms (slegs Dieetkunde- en Fisioterapie-studente)

·        HPCSA-registrasievorms word voltooi

·        Uitdeel van roosterboekies en studiegidse

·        Verdere geleentheid vir vrae oor administratiewe aangeleenthede

Plek 

MB, ChB: Lesinglokaal 11

Fisioterapie en Dieetkunde: Lesinglokaal 4 Onderwysgebou

 

*Mans     Netjiese langbroek met kraaghemp, geen plakkies nie, geen buitensporige juweliersware nie.

*Vroue    Netjiese gepaste kleredrag, geen plakkies nie, geen buitensporige juweliersware nie.

**SA burgers ID of geboortesertifikaat (geen paspoorte of rybewyse) – twee kopieë

**Internasionale studente Paspoort en studiepermit – twee kopieë van elk