Welcome
Welkom by Universiteit Stellenbosch

MAAK GEREED VIR JOU EERSTE JAAR BY DIE US!

Die Universiteit Stellenbosch bied in Desember 2022 'n aanlyn aanboordprogram aan vir alle eerstejaars wat voorlopige toelating gekry het. Alles wat jy oor die US en jou fakulteit moet weet, kan jy hier met 'n klik of twee kry! Let asseblief daarop dat toelating tot hierdie program nie beteken dat jy as 'n student by die US aanvaar is nie.

Huidige studente het aangedui wat die grootste uitdagings is wanneer studente as eerstejaars na die US kom. Jy het dalk gehoor studente praat oor die groot werkslading op universiteit, die stres wat hulle ondervind, dat die studiemetodes wat hulle op skool gebruik het, nie meer werk nie, dat hulle nie uitkom met hulle geld nie, dat hulle te stadig lees of dat hulle net nie alles kan hanteer nie. Ons hoop om jou gerus te stel deur al hierdie aspekte (en meer) in die aanboordprogram te dek.

Die program is vanaf 13 Desember 2022 op SUNLearn (die Universiteit se leerbestuurstelsel) beskikbaar. As student gaan jy baie tyd hier bestee, en dit is dus 'n doeltreffende manier om jou met die platform vertroud te maak.

In 'n uitgebreide vraag-en–antwoord-afdeling gaan jy antwoorde op vele van jou vrae oor die US vind en selfs jou eie vrae kan plaas. Video's van studente wat vertel hoe hulle die universiteitslewe beleef, 'n virtuele kampustoer, en inligting oor beskikbare steun is maklik bekombaar. Jy sal ook kan kennis maak met van die mentors by die US.

Vir 'n optimale SUNLearn-leerervaring, stel ons voor dat jy Google Chrome gebruik.

Vanaf 13 Desember kan jy hier klik click here om toegang tot die program te verkry.

Meld aan met jou gebruikersnaam (NET jou studentenommer) en die wagwoord (byvoorbeeld: SUN123456) wat jy gebruik om jou aansoekstatus te monitor. Indien jy enige hulp met jou wagwoord nodig het, besoek gerus http://www.sun.ac.za/password. Kontak gerushelp@sun.ac.za indien jy hulp hiermee benodig.

Indien jy enige vrae oor die aanboordprogram het, stuur 'n e-pos aan: CSLEECONLINE@sun.ac.za.