​​​​VERWAG BEURTKRAG

Soos elders in die land is ons kampusse ook onderworpe aan beurtkrag.  Jy sal ingelig word oor lokale met noodkrag waar jy kan studeer, asook enige spesiale reëlings vir lesings en die aflê van toetse en eksamens.  Kragonderbrekings na sonsondergang hou risiko's in vir veiligheid en kan ook 'n nadelige impak hê op akademiese voorbereiding.

Jy word aangeraai om 'n koplamp, flits en herlaaibare lig vir jou kamer aan te skaf om te verhoed dat kragonderbrekings jou onkant vang. ​