Welcome
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Biblioteek en inligtingsdiens

​​​Die US Biblioteek- en Inligtingsdiens bied 'n oriënteringsprogram in die Universiteit Stellenbosch Biblioteek en takbiblioteke aan. Die program in die Universiteit Stellenbosch Biblioteek (nr 4 op die kaart) vind op, 29 en 30 Januarie plaas. 

__________________________________________________________________________________

Rondleidings word in fakulteitsverband gereël. Die doel van die program is om nuwelingstudente vertroud te maak met die dienste en fasiliteite van die biblioteek. Fakulteitsprogramme dui die datum en tyd van biblioteekbesoeke aan. Deelnemers aan die oriënteringsprogram kan ook opwindende pryse losslaan.

Meer besonderhede hieroor is beskikbaar in die volledige program wat studente in Januarie ontvang.

Buiten die Universiteit Stellenbosch biblioteek, word oriënteringsprogramme ook by die volgende takbiblioteke aangebied: 

  • Teologie ​
  • Musiek
  • Ingenieurs & Bosbou
  • Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 
  • Bellvillepark-kampusbiblioteek

Die oriënteringsprogram word in die daaropvolgende week met individuele opleiding genaamd GetSmart@URLibrary opgevolg.

Ons nooi graag alle ouers van eerstejaarstudente om die Universiteit Stellenbosch Biblioteek tydens verwelkoming te besoek. Kom kyk na die fasiliteite en dienste wat aan Matiestudente beskikbaar is. Besoek ons wêreldklas Africana versameling, Leersentrum en E-klaskamer. Die biblioteek is verbind tot die ondersteuning van die akademiese sukses van studente. Ons E-versameling sluit alle onderwerpe in, beide plaaslik en internasionaal.

Laai die Biblioteekoriëntering​ program​ af